#OFMKunsteklop - Sjef Wilhelmina se kreatiwiteit stop nie in die kombuis nie
--:--
Wenner van Kokkedoor 2019 Wilhelmina Thirion Garçao van Kimberley vertel sy "verf" eintlik al jare lank op koeke met versiersuiker en kuns is iets wat sy op skool ook lief gehad het. Deesdae kan jy haar op Koskuns op TV sien waar sy haar liefde vir kos en kuns uitleef. Van haar kunswerke is ook te koop. Maar wat inspireer haar kunswerke? Mid-Morning Magic het gaan uitvind.