Nelspruit Hospice word 15 jaar oud

Loading player...
Augustus merk 15 jaar sedert Nelspruit Hospice die eerste keer op die been gebring is.
Sedertien het hulle diens van onskatbare waarde gelewer aan die gemeenskap.
Hul gereelde pop-op-winkel vind weer hierdie Saterdag plaas. Buiten die mooi huisware en allerlei wat spotgoedkoop te koop is – om fondse in te samel vir hul bedrywighede – sal daar natuurlik verjaarsdagkoek saam met die gereelde gratis koffie en tee wees.
Landi Bezuidenhout het ook ‘n ander uitdaging vir mense wat nou verjaar.
26 Aug 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min