DA sê regstelsel faal kinders na vermeende verkragter in Witrivier borg kry

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê die regstelsel faal vroue en kinders. Dit na 'n vermeende verkragter van 'n 14-jarige meisie vandag in die Witrivier-hof borgtog toegestaan is.
Die DA se Vroue-netwerk het voor die hof betoog waar die 30-jarige man verskyn het.
Dawn se adjunkleier in Mpumalanga, Trudie Grove-Morgan, sê daar is te veel gevalle waar minderjariges betrokke is en te min word daaromtrent gedoen.
25 Aug 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min