OVK sê hulle is slaggereed vir verkiesing in Oktober

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê hulle is slaggereed om op 27 Oktober plaaslike verkiesing te hou.
Uitgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke se verslag oor of dit wel dan gehou kan word, word Woensdag verwag.
Sibusiso Nkosi van die OVK in Mpumalanga, sê hulle kan dit Covid-19-veilig aanbied, soos hulle reeds met tussentydse verkiesings bewys het.
Intussen kan mense aanlyn registreer om te stem.