Berei voor saam met die pro's vir Eisteddfod

Loading player...
Onthou om jou plek te bespreek vir Innibos se Eisteddfod drama-werkswinkels aan die einde van die maand. Dit is vir leerlinge en onderwysers bedoel ter voorbereiding van die Nelspruit Eisteddfod wat in Augustus afskop.
Bywoning is boonop spotgoedkoop en beloop slegs R60pp.
Die werkswinkels vind op Vrydag 30 Julie van 14:00 tot 20:00 en Saterdag 31 Julie van 09:00 tot 11:00 plaas.
Komediante Wynand van Vollenstee en Margit Meyer Rödenbeck sowel as Adriaan van As en Francois Jacobs sal die werkswinkels aanbied.
Van Vollenstee beloof dit gaan baie pret wees.
Besoek Innibos.co.za en klik op “projekte” of skakel 013-741-5294 vir meer besonderhede.
13 Jul 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min