KZN-geweld kring nie sover uit na Laeveld

Loading player...
Paaie in die Laeveld is vanoggend gangbaar na die polisie gister gewaarsku het oor moontlike ontwrigting deur protesaksies.
Grootskaalse plundery en geweld heers reeds die hele naweek in KwaZulu-Natal teen die opsluiting van oudpresident Jacob Zuma.
John Meintjies van die Nelspruit GPF sê die Witbank- en Middelburg areas is dreigend, maar die N4 is oop tot by die Lebombo-grens.
‘n Oproer op die pad tussen Karino en Kanyamazane is weens inwoners wat ontevrede is dat hul onwettige Eskom-aansluitings verwyder is.
12 Jul 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min