Lefpa waarsku oor spertyd vir voorbrande

Loading player...
Lefpa raai grondeienaars aan om voorbande af te handel voor die einde van die maand, om gereed te wees vir wanneer die Augustus-winde opsteek en die droë toestande, saam met koue fronte, die brandgevaar beduidend verhoog.
André Scheepers van Lefpa sê tot dusver verloop die brandseisoen, wat tot Oktober in die Laeveld duur, nog min-of-meer soos verlede jaar.
Hy sê mense moet versigtig wees en nie vure maak wat hulle nie kan beheer nie. Bel Lefpa eerder vir hulp en raad by 086-066-3473.
7 Jul 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min