Ep. 22 Psigiese siektes: so help jy jou geliefde en jouself
--:--
Het jy of iemand ná aan jou ‘n psigiese siekte? Joernalis Pieter van Zyl praat oor sy boek, “Verhale van hoop: só help jy jou geliefde en jouself”, geskryf vir mense wat met ‘n uitdaging soos depressie, angsversteuring, opgaarsindroom of obsessief-kompulsiewe versteuring saamleef. Hy vertel waar die aangrypende verhale in sy boek vandaan kom, van sy eie pad met angsversteuring, major depressie en ‘n lewensmaat met bipolariteit, en hoe die navorsing en praktiese raad in sy boek uit sy eie dringende behoefte aan hulp gebore is.