Luister president Cyril Ramaphosa Podlitiek?

Met die ANC en veral President Cyril Ramaphosa wat in die afgelope week skynbaar ‘n paar besluite geneem het wat teen hul beginsels ingaan, wonder die Podlitiek-span of die groot kokkedore aan die sogenaamde stuur van Suid-Afrika dalk van tyd tot tyd op hul podsending inskakel. Vernaamlik in terme van die nuus oor die SAL en Eskom wat in die afgelope week bekendgestel is.