Baba Ayden op lang pad na herstel

Die sewe maande oue Ayden van Niekerk is na 35 dae steeds in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg.
Hy het op 6 Mei in Lydenburg by die huis aan 'n stukkie biltong verstik.
Volgens sy ma, Estelle van Niekerk, is hy Sondag van sy ventilator afgehaal, maar Dinsdag weer daarop gesit, omdat hy onttrekking-simptome ervaar van die medikasie waarop hy was.
Hy is dus nie meer onder sedasie nie, maar baie deurmekaar, sê sy ma.