Nkomazi spesiale ekonomiese sone belowend vir ekonomie

Loading player...
LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, sê ekonomiese infrastruktuur is nodig vir volhoubare groei.
Hy het vanoggend sy begrotingsrede vir die 2021/22 finansiële jaar gelewer.
‘n Petrochemiese industriële park is goedgekeur om in Secunda opgerig te word.
In die Laeveld word ‘n beplande bosbou industriële park in Sabie opgehou weens teenkanting van rolspelers.
Goeie nuus is egter dat die Nkomazi spesiale ekonomiese sone in Komatipoort geregistreer is en ‘n tussentydse raad reeds daarvoor aangestel is.
8 Jun 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min