Wetgewer stem “ja” vir reddingsplan vir Pilgrim’s Rest

Loading player...
Die provinsiale wetgewer het vanoggend die DA se mosie om LUR vir openbare werke, Mohita Latchminarian, te vra om ‘n reddingsplan vir Pilgrim’s Rest saam te stel, aanvaar.
Dit volg op die Mpumalanga Regional Training Trust se aanduiding dat hulle nie verder die ikoniese Royal Hotel wil bestuur nie, omdat dit sterk steun op oorsese toeriste en swaar operasionele verliese ly.
Bosman Grobler sê tot dusver het ingryping nie die gewenste vrugte afgewerp nie.
8 Jun 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min