LUR bekommerd oor nege sterftes op N4 binne vier dae

Loading player...
Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het 'n beroep gedoen op motoriste om versigtig te bestuur, na nege mense binne vier dae op die N4 naby Ngodwana in ongelukke dood is.
Vroeg Saterdagoggend is drie mense dood toe ‘n kar gerol het. Een persoon is lig beseer en een kritiek.
Donderdag is drie vroue dood en twee mans ernstig beseer toe ‘n vragmotor en kar gebots het.
Woensdag het ‘n vragmotor en taxi gebots. Drie mense is dood, en twaalf ernstig beseer.
31 May 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min