DA spreek kommer uit oor roofbendes op Mpumalanga-paaie

Loading player...
Die DA het 'n beroep gedoen op LUR Vusi Shongwe om in te gryp in 'n vlaag misdaad waar voorwerpe op paaie geplaas word om motorbande te beskadig. Dit forseer bestuurders tot stilstand en hulle word dan beroof deur gewapende bendes.
24 gevalle is tussen 1 April en 18 Mei aangemeld.
Trudie Grovè-Morgan sê hoewel die N4 en N12 nasionale paaie is, inwoners van die provinsie uitermatig hierdeur geraak word.
26 May 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min