Oor feekse en rooikoppe

--:--
Ons vergeet dikwels van ouderwetse – en eintlik mooi – skelname soos “skurk” en “boef”, of “niksnuts” en “lieplapper”. Su-an en Gerhard gesels oor die woorde “feeks” en "helleveeg" se taboewaarde en waar hulle vandaan kom. Hulle vra ook of mense aanstoot neem as hulle die woorde "rooikop" en "wortelkop" hoor.
4 Jun 2021 Afrikaans South Africa Education

Other recent episodes

Wat het Marilyn Monroe en Kojak gemeen?

Watter een pas nie in hierdie rytjie nie: algoritme, diesel, koper, nikkel? En wat het hierdie klomp almal met mekaar gemeen: eggo, narsisme, hipnose, morfien? Su-an en Gerhard ontrafel dié twee raaisels, plus nog vele meer.
25 Feb 2022 13 min

Hoe maak jy melkkos?

Een van die oudste, tradisioneel Suid-Afrikaanse geregte is sekerlik melkkos – daardie heerlike, dik melkgereg wat op koue wintersaande met pypkaneel en suiker bedien word. Maar melkkos is eintlik al duisende jare oud ... Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering nie net oor melkkos nie, maar stel ook ʼn…
18 Feb 2022 11 min

Waar kom planete se name vandaan?

In Suid-Afrika is daar spesiale kommissies wat besluit oor die name van plekke. Maar het jy al ooit gewonder wie besluit wat die name van sterre en planete is? Su-an en Gerhard praat oor die name van enkele planete en waar dié name vandaan kom.
11 Feb 2022 13 min

Oor pizza en pasta

'n Mens kry drie soorte mense: pizza-eters, pasta-eters en mense op 'n dieet. Want pizza en pasta is wêreldwyd sekerlik van die gewildste kitskos (en trooskos). Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van dié twee kossoorte en waar hulle name vandaan kom.
4 Feb 2022 15 min

Oor sterre en planete

Het jy al ooit gewonder watter planeet is eerste ontdek? En watter planeet is die onlangsste ontdek? Su-an en Gerhard gesels oor die son, die maan en die sterre ... en al die planete tussenin.
28 Jan 2022 14 min