Mpumalanga Landbou waarsku oor onwettige jag met honde

Loading player...
Mpumalanga Landbou sê die onwettige jag van wild met honde is ‘n omvattende probleem regoor die provinsie.
Die landbou-organisasie het ‘n beroep gedoen op die polisie en LUR vir gemeenskapsveiligheid om die praktyk dringend te ondersoek, na die moord op ‘n boer, Hennie Moldenhauer, Sondag naby Amersfoort.
Volgens Robert Davel, hoofbestuurder van Mpumalanga Landbou, is die moord na bewering gepleeg deur persone wat onwettig met honde op Moldenhauer se plaas gejag het.
Hy sê klagtes in dié verband word uit alle oorde ontvang – ook uit die Laeveld en Onderberg.
Na bewering word dit op groot skaal bestuur deur sindikate en groot bedrae geld is betrokke.
19 May 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min