Inentingsprobleme in Ehlanzeni uitgestryk

Loading player...
Die uitrol van fase 2 van die gesondheidsdepartement se inentingsprogram gister het allermins vlot verloop.
Verskeie mense wat geregistreer het en per SMS ingelig is om hul inentings by Rob Ferreira-hospitaal te ontvang, is weggewys, en kon ook nie by Tonga gehelp word nie.
Die departement se Dumisani Malamule sê die probleem was dat die verdunningsmiddel weermee die Pfizer-entstof gemeng moet word voor dit toegedien kan word, eers gister afgelewer is.
Dit het net Ehlanzeni-distrik geraak. Dit gaan vandag voort.
18 May 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min