Persoonlike finansies: daar is altyd 'n risiko betrokke met banksake en tegnologie

Ons praat oor 'n onderwerp wat almal wat sy banktake op ‘n elektroniese instrument doen raak. Die ombudsman vir banksake in Suid-Afrika, Reana Steyn, sê terwyl banke tegnologie en nuwe produkte aangryp om hulle kliënte te beskerm, is daar maar altyd ‘n risiko betrokke. Rita Cool van Alexander Forbes neem ook deel aan die gesprek.