Private sektor vra om self Makhonjwa te bestuur

Loading player...
Die private sektor het die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, gevra om dringend 'n bestuurskomitee aan te stel om die Barberton Makhonjwa-bergreeks, te bestuur.
Oupa Pilane, voorsitter van Satsa in Mpumalanga, sê die bestuur van die wêreld-erfenisgebied moet dringend na die private sektor verskuif.
Hulle het Dinsdag daaroor vergader.
Hy sê tans is daar geen beleggings- of bemarkingsplan vir die area nie, al het dit soveel potensiaal vir ekonomiese groei en werkskepping.
16 Apr 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min