Taxi-bestuurder voor vir strafbare manslag na baba sterf

Loading player...
‘n 31-jarige taxi-bestuurder is Woensdag aangekla van strafbare manslag en roekelose bestuur.
Hy het Dinsdag in Amersfoort glo twee voetgangers getref. ‘n 20-jarige man en 23-jarige vrou is beseer.
Die vyf-maande-oue baba wat die vrou gedra het, is egter op die toneel dood.
Daar word beweer dat Sibonise Patrick Mathebula met sy silwer Toyota Quantum ‘n stopstraat geïgnoreer het, terwyl hy ‘n privaatvoertuig gejaag het wat passasiers vervoer het.
Volgens kolonel Donald Mdluli het Mathebula Woensdag in die Amersfoort-landdroshof verskyn.
16 Apr 2021 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min