Dra 'n CAP vir Selanna

Loading player...
'n Gebedsaksie is van stapel gestuur vir die 19-jarige Selanna Biggs wat Sondag in haar karwrak gevind is, nadat sy vir amper 28 uur in haar motor vasgekeer was.
‘n Groot soektog na haar is van stapel gestuur voor sy eindelik in 'n plantasie gevind is.
Sy het haar femur sleg gebreek, en sterk in die hospitaal aan.
'n Familievriend, Marne Nel, het die idee gehad dat mense Vrydag pette dra om te wys dat hulle omgee.
Sy voeg by dat soveel mense reeds vir haar bid en die gesin ondersteun, dat dit 'n praktiese manier is om dit te wys.
14 Apr 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min