Robs blink uit by provinsiale atletiekkampioenskap

Loading player...
Hoërskool Rob Ferreira se atlete het die naweek by die Mpumalanga atletiekkampioenskap in Secunda koning gekraai.
Altesaam sewe-en-sestig atlete het deelgeneem - die meeste van enige skool.
Robs se dertig medaljes was ook die meeste van enige skool, asook die tien provinsiale kampioene wat die skool opgelewer het.
Hoofseun, Junior Mondlane, het uitsonderlik goed presteer in verspring.
Sy persoonlike beste van sewe-punt-vyf-drie-meter maak hom tans nommer een in die land, en nommer drie op die wêreldranglys.
6 Apr 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min