Witrivier-polisie in spervuur oor beweerde aanranding by stasie

Loading player...
Die polisie ondersoek ‘n insident waarin ‘n man gister in die Witrivier-polisiestasie aangerand is.
Delia Jordaan en Barend Byliefeldt is die oggend deur ‘n groep karre tot stilstand gedwing. ‘n Vuurwapen is op hulle gerig en hul motorruit is uitgeslaan.
Hulle is na die stasie agtervolg, waar die paartjie glo aanhou dreig is.
‘n Video wys duidelik hoe Byliefeldt voor die polisie deur die mans aangerand word.
Jordaan sê hulle is net toegelaat om ‘n ongeluksverslag in te vul.
Alma en Jan Bam vertel hulle het 'n baie soortgelyke ervaring gehad op 4 Oktober.
29 Mar 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min