DA vra dat Nkomazi ingryp in werkers se griewe

Loading player...
Die DA het ‘n beroep gedoen op Nkomazi-munisipaliteit om dringend in gesprek te tree met ontevrede werknemers wat glo verlede week die Driekoppies-waterwerke gesaboteur het.
Verskeie areas is daardeur geraak, onder meer Shongwe-hospitaal.
Verskeie klagtes oor vergoeding het werknemers glo tot die onwettige protesaksie gedryf.
DA-raadslid Frank Shongwe sê die plaaslike owerheid behoort met werknemers in gesprek te tree om hul klagtes konstruktief op te los.
Hy sê dit is onaanvaarbaar dat ander inwoners watertekorte moet beleef.
29 Mar 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min