Barberton DBV waarsku teen die vergiftiging van blouapies

Loading player...
Blouape is ‘n beskermde spesie en waar hulle vergiftig word kan die persoon wat homself daaraan skuldig maak, krimineel vervolg word.
Só waarsku Marlies Liebenberg, skakelbeampte van die Barberton DBV, nadat hulle gister drie vergiftigde apies opgetel het naby ‘n natuurreservaat in die area.
Buiten dat dit 'n wrede dood is vir die ape, hou dit ook 'n gevaar in vir ander diere en kinders in die omgewing.
Enigiemand met inligting is gevra om hulle te kontak. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.
24 Mar 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min