R206,9 miljoen vir e-leer in Mpumalanga-skole

Loading player...
Die pandemie het 'n rampspoedige impak op toerisme en werksverliese gehad.
Daarom sal die provinsiale regering se begroting na verwagting oor die volgende drie jaar met R16,4 miljard gesny word met die meeste besnoeiding in die vergoeding van werknemers.
Die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, het gister die begroting vir die finansiële jaar wat op 1 April begin, in die wetgewer voorgelê.
Hy het onderneem dat die tesourie vir Thaba Chweu-, Emalahleni-, Lekwa-, Govan Mbeki- en Msukaligwa-munisipaliteite sal ondersteun om finansiele herstelplanne te implementeer.
'n Spesiale allokasie van R206,9 miljoen is bewillig om e-leer in skole te begin implementeer.
17 Mar 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min