Lydenburg situasie steeds plofbaar

Loading player...
Betogings het vanmiddag opnuut opgevlam in Mashishing, nadat Thaba Chweu-munisipaliteit se burgemeester protesteerders toespreek het.
Friddah Nkadimeng se toespraak is egter onderbreek deur ontevrede inwoners.
Haar woordvoerder, Ezrom Sekgobela, sê mense het klippe na die polisie gegooi en die burgemeester is verwyder.
Die geweldadige betogings duur al dae lank.
Sekuriteitsgroepe waarsku die situasie bly plofbaar. Die R-37 van Brugersfort by Skila na Lydenburg is ook steeds afgeblok.
10 Mar 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min