Diefstal van Macadamia-neute vanjaar meer

Loading player...
Die diefstal van Macadamia-neute in die omgewing is beduidend meer vanjaar, aldus John Meintjies van ACC Sekuriteit.
Hy skryf dit toe aan die feit dat die neute vanjaar vroeër ryp is, en dat meer mense desperaat is weens die ekonomiese inkrimping.
Hoewel die meeste boere sekuriteit baie ernstig opneem, skep enige boer wat dit nié doen nie, ‘n swak skakel.
Hy vra mense moenie goedkoop neute koop nie, maar eerder die bietjie meer betaal by betroubare winkels om die sindikate se geldbron af te sny.
2 Mar 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min