Valke soek man wat glo onwettig huise verkoop

Die Mpumalanga-Valke het die publiek gevra vir hulp om ‘n man op te spoor wat glo onwettig laekostebehuising in Witbank probeer verkoop het.
Justice Sambo het na bewering in Oktober die huise op sosiale media geadverteer.
Lede van die publiek het dit gerapporteer en die polisie het die saak aan die Valke oorhandig.
‘n Lasbrief is uitgereik vir sy inhegtenisname.
Enigiemand met inligting is gevra om die ondersoekbeamptes te kontak by 082-‪303-9880‬ of ‪082-521-3225‬.
Valke-woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi: