Mbombela-slaagsyfer verbeter

Mbombela se slaagsyfer het verbeter oor 2019 van 89,2% na 90,3%.
Die provinsie se gedetaileerde uitslae is vanoggend deur die LUR, Bonakele Majuba, bekendgemaak.
Mpumalanga se matriekslaagsyfer het in 2020 met meer as ses persentasiepunte gedaal tot by 73,7%.
Dertig skole het ‘n 100% slaagsyfer bereik.
Die beste skool is Magigwana Sekondêr in Thulamahashe waar 211 van die 276 kandidate met universiteitsvrystelling geslaag het.