Heerlikheid

Ontdek weer die heerlikheid van die evangelie. Die fokus is om ‘n meer diepgaande passie vir die Woord van God onder gelowiges te laat opvlam.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
110 Episodes
60 – 80

Pasop vir Vals Profete

Jesus maan ons aan in Mattheus 7 om te pasop vir vals profete, wat bedoel Hy daarmee? Luister saam na hierdie oorsigtelike gesprek oor die tema ('n dieper, meer omvattende studie en bespreking mag later volg) Matt 7:15-18 (1953) 15 15 Maar pas op vir die valse profete wat in…
2 Mar 2023 53 min

Die Twee Paaie

In Mattheus 7:13-14 praat Jesus van die 'twee paaie', wat bedoel Hy daarmee? Luister saam na Charles van Onselen en Louwrens Viljoen terwyl hul hieroor gesels.
23 Feb 2023 29 min

Bergrede: Die Goue Reël - Doen aan ander...

Meeste gelowe en filosofieë verwys na die sogenaamde 'Goue Reël', vanuit 'n negatiewe invalshoek. 'Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie'. Jesus draai dit egter om, en stel dit in 'n positiewe lig wanneer Hy sê; ' 12 "Alles wat julle dan wil hê…
16 Feb 2023 50 min

Bergrede: Brood

Watter een van ons as ouers, sal vir ons kinders klippe gee, as hul vir brood vra? Hoeveel te meer sal ons Hemelse Vader nie vir ons goeie gawes uit Sy hand gee, as ons vra daarvoor nie? Hierdie is Jesus se woorde vanuit Matteus 7:9-11, vry vertaal in ons…
9 Feb 2023 50 min

Bergrede: Bid en vir julle sal gegee word...regtig?

Hoe baie van ons as gelowiges kan nie deel in die ervaring van 'onbeantwoorde gebed' nie? Of was dit werklik onbeantwoord...? Is God dan nie 'n waarmaker van Sy Woord nie? Verseker is Hy! Wat bedoel Jesus dus wanneer Hy sê “Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en…
2 Feb 2023 52 min

Begrgrede: Pas jou pêrels op

Jesus se stelling is redelik radikaal wanneer Hy sê: “Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.” ‭‭MATTHÉÜS‬ ‭7‬:‭6‬ ‭AFR53‬‬ Wat bedoel Hy daarmee? Luister…
26 Jan 2023 46 min

Die Bergrede: Moenie oordeel nie

Makliker gesê as gedaan, nie waar nie? Maar mag ons dan niks beoordeel nie? En wat is die verskil tussen veroordeel, en beoordeel? Wat is dit wat Jesus vir ons probeer tuisbring vanuit Matteus 7:1-5, wanneer Hy sê, 'haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy…
19 Jan 2023 53 min

Bergrede: Wat sê die Woord oor al ons kwellery?

Ons kan soms 'meesters' wees met ons 'kwellery', maar wat sê Jesus en die Woord hieroor? Charles van Onselen en Louwrens Viljoen gesels saam hieroor, mag jy gestig word deur die Lewende Woord van God
5 Jan 2023 47 min

Bergrede: Soek Eers

Wat bedoel Jesus wanneer Hy sê dat "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word." Delf saam diepers in die vers in saam met Charles van Onselen en Louwrens Viljoen
29 Dec 2022 42 min

Bergrede: Vader weet

Vader weet - ja, jou Hemelse Vader weet...wat weet Hy? Charles van Onselen en Louwrens Viljoen gesels saam oor Matteus 6:31-32, waar Jesus sê dat "Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na…
22 Dec 2022 47 min

Bergrede: God Bekleë

Wat beteken dit om met 'God bekleë' te wees, luister saam onderwyl Charles van Onselen en Louwrens Viljoen gesels oor Matteus 6:30, waar Jesus sê dat 'As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer…
8 Dec 2022 46 min

Bergrede: Moenie Kwel nie!

Wanneer Jesus sê ons moet onsself nie kwel nie, wat is Sy hart daaragter? Wat bedoel die volgende, wanneer Hy sê, in Matteus 6:25, "Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam…
30 Nov 2022 47 min

Bergrede: Jy kan nie twee Here dien nie

Jesus se stelling dat ons nie twee here kan dien nie, sny tot die hart. Wat bedoel Hy daarmee wanneer Hy sê in Matteus 6:24, dat "Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en…
17 Nov 2022 47 min

Bergrede: Die Lamp van die Oog

Sjoe, wanneer ons dink aan daardie donker-kyke wat ons soms in ons eie, en in ander, se oë sien, dan spreek Jesus se woorde ons nogaal aan in Matteus 6: 22-23 wat sê "22“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam…
10 Nov 2022 43 min

Bergrede: Waar jou skat is, sal jou hart wees

Wat beteken dit wanneer Jesus sê 'waar jou skat is, sal jou hart wees...?' - Luister saam na Charles van Onselen en Louwrens Viljoen onderwyl hul die onderwerp ondersoek.
3 Nov 2022 44 min

Bergrede: Om te vas, of nie te vas...wat is vas?

Jesus se stelling wat verwys na 'wanneer julle vas...' (Matt 6:16) kan nogal onsekerheid veroorsaak, nie waar nie? Word dit verwag van gelowiges om te vas, en wat is vas? Luister saam na Charles en Louwrens terwyl hul praat hieroor.
27 Oct 2022 46 min

Die Bergrede: Weer vergewe?

In die Onse Vader gebed maan Jesus ons aan om te vergewe, in Matteus 6:14-15 maak Hy dit duidelik dat as ons ander nie vergewe nie, sal ons ook nie Sy vergifnis ervaar nie, wat bedoel Hy hiermee. Luister in na hierdie delf-dieper boodskap, saam met Charles en Louwrens
20 Oct 2022 45 min

Bergrede: Aan U Behoort die Koninkryk

Wat beteken Jesus se afsluiting van die Onse Vader gebed, wanneer dit sê, 'Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid'. Delf dieper in die skrifgedeelte saam met Charles en Louwrens
13 Oct 2022 40 min
60 – 80