Het jy al, soos Dawid, vir die Here gebid dat reg moet geskied, omrede jy onskuldig is? Luister saam na die oopbreek van die Psalm saam met Charles & Muller. Mag dit jou seën!
In hierdie Psalm kyk Charles en Müller na die opregte uitroep van Dawid, "Here, leer my u weë!" Hoe ondeurgrondelik is God se weë nie soms vir ons nie? Mag die Psalm jou en my gebed tot die Vader ego, en vir jou tot seën wees.
Voel jy gekwalifiseerd, of gediskwalifiseerd om die berg (troon) van God te nader? Die Woord sê die een Wie se hande rein is, mag. Wat beteken dit vir jou en ons? Luister saam terwyl Charles en Muller hieroor gesels. Mag die Woord vir jou tot seën wees!
Ons sluit Psalm 23 af deur te kyk na die realiteit van God se seën, dit wil sê, Sy goedheid en guns wat ons volg, al die dae van ons lewens...Wat is die perspektief wat ons behoort te hê rondom God se seën? Is dit toekomstig, of huidig, is dit…
Wat 'n heerlike teenswoordige lewensrealiteit is Psalm 23:5 nie? "U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor". Luister saam onderwyl Charles van Onselen en Müller Crauwkamp die Heerlikheid van Christus uit die Skrif soek en deel
Die vers het al baie vertroosting en bemoediging vir gelowiges gebring. Mag jy ook opnuut krag put uit die perspektiewe wat uit die Woord gedeel word hieroor.
Het die Here jou al LAAT neerlê in groen weivelde, en na waters van rus geneem? Wat beteken hierdie gedeelte in Psalm 23? Luister gerus saam, en mag die Lewende Woord vir jou stig en seën!
Wat beteken hierdie vers vir jou? Het jy al ooit 'herderloos' gevoel? Dalk gebeur daar tans iets in jou lewe wat jou laat twyfel in mense...miskien het jy nog nie die Here as jou persoonlike Herder aangeneem nie? Die goeie nuus is, dit is nooit te laat om dié kosbare…
In die laaste paar verse van Psalm 22 getuig Dawid triomfantelik van die Goeie Nuus van God se beskerming. Euangelion - euangelion (evangelie - evangelie)! Mag jy ook ons Hemelse Vader se hart van goeie nuus en liefde hieruit optel en mag jou hart (in Hom) vir ewig lewe!
Het dié gedagte dalk al jou denke so bietjie laat ontspoor? Hoe jy ook al mag voel, Jesus het dit ook op Hom geneem aan die kruis, en wat Hy sê oor jou, is wat tel. Mag jy opnuut deur Sy Woord, en die Heerlikheid daarvan, versterk en bemoedig word…
Het jy oorwinning oor jou gedagtes nodig? Die goeie nuus is God het klaar vir jou die oorwinning gegee...! Sela (Wees stil, my siel, en vestig jou gedagtes op God). Mag die Woord jou stig en versterk
Die Koning van die konings, Jesus Christus, bid vir jou (Rom. 8:34)! Mag jy versterk word deur die Woord van God in die wete dat jy kosbaar is vir die Here, en dat Hy, die Opper-Koning, vir jou, as Sy koningskind, bid en guns en goedheid oor jou gebied
In die eerste gedeelte van Psalm 19, getuig die Hemele van God se goedheid, hoeveel te meer nie ons nie...en net soos die son opkom, kom God se Son (Seun) van geregtigheid ook op oor jou, as Sy geliefde.
Hoe maak ons God se redding prakties in ons lewens? Jou gedagtes speel 'n bepalende rol in die realisering van Vader se redding, wil en die koers van jou lewe. Luister saam en mag dit jou stig
Begeer jy na die volmaakte weg van God? En om Sy Krag te ervaar...? Luister saam met Charles en Louwrens, mag die Woord van die Here jou versterk, verkwik, en vir jou tot seën wees
Hoe heerlik nie om terug te kyk na die Psalms deur die kruis en verlossingswerk van Jesus Christus nie? Die ewige triomfantelike boodskap bly klokhelder lui, tot in ewigheid...God Verlos! Het jy verlossing in jou lewe nodig? Luister gerus saam en mag die Woord vir jou tot groot seën wees!
10 Aug 2023
49 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
PreferencesAccept all
×
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.