Operasie Umbra

MAROELA MEDIA  |  Series , ±8 min episodes total time 6 hr 49 min  | 
In ‘Operasie Umbra’ het direkteur Frans Ludik sy hande vol om vas te stel wat regtig destyds met die aftakeling van Suid-Afrika se kernwapenprogram gebeur het. Hy besef gou heelwat geheime uit die verlede is na die hede oorgedra. Dis of die kernsage van vroeër hom opnuut in Gansvlei afspeel. Geraamtes tuimel uit kaste. Umbra is nie verniet die donkerste deel van ʼn skaduwee nie.

‘Operasie Umbra’ is ʼn spanningsvolle radiodrama uit die pen van Joe Kleinhans. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie Kemp, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.

Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
01

Operasie Umbra – Episode 1

Die polisiekaptein Victor Gerwel se selfdood op Gansvlei noodsaak die Staatsveiligheidsagentskap om ʼn klein taakspan soontoe te stuur vir ʼn ter plaatse ondersoek. Direkteur Frans Ludik besluit op agent Roux Koekemoer: “Koekemoer, as jy my drop stuur ek jou hoofkantoor toe”. Roux se eerste werksdag ontaard in ʼn nagmerrie.
02

Operasie Umbra – Episode 2

Ten einde uit sy penarie te kom dink agent Roux Koekemoer op sy voete. Die ontslape Victor Gerwel se weduwee, Francis, skep nie die indruk van ʼn vrou in rou nie. Dis of haar kop met buitengewone sake bedrywig is: “Ek lees sommer op oor Suid-Afrika se kernwapens uit die apartheidsdae.” En toe boul sy Roux met ʼn opslagbal.
03

Operasie Umbra – Episode 3

Gansvlei se uitgeslape sakevrou speel so af en toe vuil om haar doelwitte te bereik. Sy het haar mes in vir Malan van Wyk, voorsitter van Gansvlei Koöperasie. Wie konfronteer sy met die woorde: “Jy weet van die vakature op die direksie. Maar weet jy van die speletjies wat Malan van Wyk besig is om te speel?”
04

Operasie Umbra – Episode 4

Malan van Wyk is ook die voorsitter van die Van Blerck Trust waaruit Gansvlei Ouetehuis gefinansier word. Hy besoek die ouetehuis, ontmoet die nuwe matrone en druk sy stempel deeglik op die verloop van sake af. Nie dat hy oral gewild is nie: “My pa en my oupa draai in hulle grafte om as hulle moet sien hoe skandalig jy en jou direksie die plek bestuur!”
05

Operasie Umbra – Episode 5

Francis Gerwel is skynbaar heel onskuldig op soek na die kernbomkundige professor Herman Saunders: “Ek wil net kuier.” Stewig op ʼn missie besoek sy die Gansvlei ouetehuis: “Ek besit die enigste ordentlike supermark op die dorp. Vars groente is ons spesialiteit.” Wat probeer sy regkry? Matrone Gerda Bruinders kry ʼn oproep wat haar in ʼn netelige posisie plaas.
06

Operasie Umbra – Episode 6

Professor Herman Saunders bly diep onder bespreking: “Ek kan maar vir jou sê die professor het sy spogwoning in Pretoria verkoop. Ons weet nie waar hy deesdae tuisgaan nie. Dis of hy swerf.” Die naam van die Irannees Parviz Janati duik op. En dan word ʼn selfoon gesteel.
07

Operasie Umbra – Episode 7

Professor Herman Saunders is steeds die middelpunt van belangstelling: “Professor Saunders saam met ʼn vrou. Nie sommer enige vrou nie.” Saam met wie kuier professor Saunders dat dit soveel opslae maak?
08

Operasie Umbra – Episode 8

Brand van Blerck word by die ouetehuis met ʼn besoek verras wat hom warm onder die kraag het. “Nes Robert Rothman, altyd reg met ʼn antwoord. Vat nooit verantwoordelikheid nie.” Met wie baklei Brand so en hoekom?
09

Operasie Umbra – Episode 9

Die handskoene kom af tussen Malan van Wyk en Francis Gerwel: “Onthou, jy het die wapens gekies. Jy het die oorlog begin. Moenie agterna huil nie.” Iemand word met ʼn vrugteruiker verras. Die ambulans jaag met Malan van Wyk na die hospitaal.
10

Operasie Umbra – Episode 10

Wie oornag in Karien Carstens se gastehuis op die plaas? En wie se motor staan netjies voor die gastehuis geparkeer? ʼn Kamera word gesteel en skelm teruggesit: “Dit was nie in jou motor toe ek netnou daarin geloer het op pad hiernatoe nie,” sê Karien met oortuiging.
11

Operasie Umbra – Episode 11

Malan van Wyk en Francis Gerwel sit hulle stryd voort. Dis ʼn dag van hoogdrama by die hospitaal: “Ek kom kuier vir ʼn vriend in die hospitaal en iemand steek wragtag my motor se twee agterbande flenters.” Wie snel vir wie te hulp?
12

Operasie Umbra – Episode 12

Professor Saunders kan nou maar eenmaal nie uit die nuus bly nie: “Hy vra my om die gastehuis te gebruik. Ek dog dis vir homself, maar toe oornag ʼn vrou saam met hom daar… en hy smokkel haar by die onderste plaashek in.” Wie is die vrou? En wat vergeet sy in die gastehuis wat opslae maak?

51 episodes

« Back 1—12 More »