OFM OFM Agri

OFM Agri

Agricultural news stories as compiled by the OFM News team. Read more: https://www.ofm.co.za/Agriculture.
Daily Afrikaans South Africa News · Earth Sciences
351 Episodes
1 – 20

Steenhuisen bemoedig produsente by Graan SA kongres

Minister van landbou, John Steenhuisen, het die belangrikheid van samewerking tussen die regering, boere en die breë landbousektor beklemtoon tydens ’n toespraak wat hy via ’n video-oproep vir die Graan SA kongres gelewer het.
13 Mar 3AM 8 min

Waardetoevoeging van NWK4Sure

Pieter Kleingeld, groep uitvoerende beampte van NWK en direkteur van NWK4Sure gesels met OFM se Pulane Nel-Sekepe.
25 Feb 6AM 2 min

Agri BEE: VF+ vra middeletoets

Ontleders vra vir 'n middeletoets, wat voornemende toetreders tot die landbou, sonder die nodige bronne, kan identifiseer en bystaan. Noord-Kaapse VF+ leier en landbou woordvoerder, dr. Wynand Boshof, meen dis goed bedryfsheffings bemiddel toegang tot kommersiële landbou, maar toetreders ervaar dieselfde uitdagings ongeag van ras. Hy't reageer op die polemiek…
19 Feb 1AM 1 min

Pannar Suksesverhaal: Malu-groep plant Pannar vir uitstekende resultate

Die Malu-groep, bekend om sy gehalte-varkvleis, het drie varkplase in die Noord-Kaap en Noordwes waar hy met 45 000 varke boer. Dié boerdery verbou nét Pannar se geelmielies op sy eie besproeiingsgrond van 930 ha, wat 60% van die goeiegehalte-rantsoene vir die varke uitmaak. OFM At Lunch se Pulane Nel-Sekepe…
25 Nov 2024 5AM 3 min

Pannar-suksesverhaal: Pannar se mieliepakket

Pulane Nel-Sekepe gesels met WA de Klerk, besturende direkteur van WA de Klerk-boerdery op die plaas Driefontein, oor hoe Pannar se reeks mielie en sojaboonkultivars die bestendigheid en potensiaal bied om meer te bereik.
21 Oct 2024 6AM 2 min

RPO op pad van vernuwing

Dr. Frikkie Maré, hoof uitvoerende beampte het by die organisasie se kongres tydens NAMPO Afla op NAMPO Park buite Bothaville die organisasie se vernuwing en aanpassing beklemtoon en verwys na die uitdagings wat die rooivleisbedryf en sy produsente ervaar.
18 Oct 2024 4AM 9 min

Oos-Vrystaatse boere kort dringend ramphulp ná vernietigende veldbrande

Donderdag (26/9) het sterk winde aanleiding gegee tot minstens nege groot veldbrande wat duisende hektaar grond in die Memel-, Verkykerskop- en Vrede-gebiede verwoes het. “Plaaslike boere het alles in hul vermoë gedoen om die vure onder beheer te bring, maar hul pogings is bemoeilik deur die gebrekkige brandbestrydingsdienste van die…
29 Sep 2024 5AM 1 min

Agri Noord-Kaap betreur moord op Kuruman-boer

Agri Noord-Kaap het ’n verklaring uitgereik waarin hulle met skok verneem van die moord op een van hul lede in die Agri Kuruman-distrik, Hendrik Venter (81). “Dit is kommerwekkend dat sulke tipe misdaad in die Noord-Kaap begin toeneem,” sê mnr. Joe Scholtz, voorsitter van Landelike Veiligheid by Agri Noord-Kaap.
28 Sep 2024 3AM 2 min

Pannar-suksesverhaal: Saadprogram bemagtig raadgewers

Suid-Afrika se hardwerkende boere het baie op hul daaglikse doenlysies. Gelukkig is Pannar Saad se Panagri-program byderhand om die meeste van hierdie werk namens die boer te doen. Die keuse van die regte mielie-, sojaboon- en sonneblomteelmateriaal vir maksimum opbrengs behoort nie ’n intimiderende taak vir boere te wees nie…
23 Sep 2024 7AM 3 min

Opgeleide skeerders 'n noodsaaklikheid vir Suid-Afrikaanse wolbedryf

Tienie du Plessis en Marius klopper spog met n nuwe Suid Afrikaanse rekord om as n 2 man span 1 000 lammers in 8 ure te skeer. Good Morning Breakfast se Shandor Potgieter gesels met Agri SA adjunkpresident, Nicol Jansen, oor hierdie poging en noodsaaklikheid van opleiding en vaardigheidsontwikkeling in…
19 Sep 2024 3AM 3 min

Vernaamste redes vir huidige vleisprystendense

Huidiglik verkeer rooivleisprodusentpryse onder druk en boere verlang na vleis pryse van 'n jaar of twee gelede, terwyl insetkoste net een rigting ken. Wat sal die vernaamste redes wees vir hierdie vleisprystendense? AgriSA se Nicol Jansen deel sy gedagtes.
12 Sep 2024 2AM 4 min

Jacques Broodryk, hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid by AfriForum

In ’n dringende oproep aan Interpol het Saai en AfriForum gevra vir onmiddellike ingryping om die groeiende bedreiging van oorgrens veediefstal tussen Suid-Afrika en Lesotho aan te spreek. Hierdie misdaad, wat plaaslike boerderygemeenskappe hard tref, het ook tot ’n toename in geweld gelei.
29 Aug 2024 12PM 1 min

Dr Theo De Jager oor brief aan Interpol

In ’n dringende oproep aan Interpol het Saai en AfriForum gevra vir onmiddellike ingryping om die groeiende bedreiging van oorgrens veediefstal tussen Suid-Afrika en Lesotho aan te spreek. Hierdie misdaad, wat plaaslike boerderygemeenskappe hard tref, het ook tot ’n toename in geweld gelei.
29 Aug 2024 12PM 1 min

Wat wag vir landbou in die aanloop tot Agri SA se jaarkongres?

Dit is die tyd van die jaar wat al die provinsiale kongresse van georganiseerde landbou plaasvind in die aanloop tot Agri SA se jaarkongres in Oktober. Good Morning Breakfast se Shandor Potgieter gesels met adjunkpresident van Agri SA, Nicol Jansen, oor die oorkoepelende temas van verskeie landbouorganisasies se jaarkongresse, en…
29 Aug 2024 6AM 4 min

‘Dit waarop jy fokus oorweldig jou’

In die tyd waarin ons leef en die realiteite om ons, kan mens nie ontkennend wees teenoor die negatiewe en uitdagende omstandighede en gebeure wat ons lewens beïnvloed nie, maar tog gebeur daar ook positiewe verwikkelinge wat tog nuwe hoop laat opvlam. Vandag gesels OFM se Shandor Potgieter en adjunkpresident…
15 Aug 2024 2AM 3 min
1 – 20