100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,808 Episodes
460 – 480

DA blameer ANC laksheid vir lisensiefooie wat in Mpumalanga verlore gaan

Die DA in Mpumalanga doen 'n beroep op die LUR van gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, om op te tree teen amptenare wat verantwoordelik was vir ‘n verlies aan inkomste uit lisensiefooie tussen 2016 en 2019. Die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, voer aan dat daar in dié tydperk nie ‘n 'n funksionele finansiële…
31 Oct 2023 9AM 1 min

Mgubho ondersteun hul leerlinge

Mgubho sekondere skool in Nkomazi maak spesiale planne om hul leerlinge te ondersteun. Nonhlanhla Moeng, die voorsitter van die beheerliggaam by die skool, verduidelik:
30 Oct 2023 8AM 1 min

Vlot eerste dag van eindeksamen

Die provinsiale onderwysdepartement het vandag die begin van die matriek eindeksamen b Mgubho sekondere skool in Nkomazi gemonitor. Volgens die departementshoof, Lucy Moyane, het alles vlot verloop.
30 Oct 2023 8AM 1 min

Man gevonnis vir bedrog met gekloonde bankkaarte

# 'n Man is in Low's Creek tot 3-duisend-Rand of 12 maande gevangenisstraf gevonnis vir bedrog. Volgens die Valke is Phinda Alex Ndlovu in Augustus tydens 'n stop-en-deursoek-operasie by die Nkomazi-tolhek gearresteer. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, se hy het 'n vragmotor van Eswatini bestuur en sy…
30 Oct 2023 3AM 1 min

Man gesoek na vrou verwurg is

Die polisie in Mpumalanga doen 'n beroep op lede van die publiek om na vore te kom met inligting oor 'n man wat hulle glo hulle kan help in die oplos van 'n moord in Wakkerstroom verlede naweek. Dit volg op die moord op die 29-jarige Thobile Mayisela na sy…
30 Oct 2023 1AM 1 min

N2 botsing eis vyf lewens

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het sy pleidooi herhaal vir motoriste om die padreels te gehoorsaam. Dit volg op 'n gru-ongeluk tussen 'n vragmotor en ligte afleweringsvoertuig Saterdagmiddag op die N2 in Mkhondo. Vyf mense is dood in die tromp-op-botsing. Die bestuurder van die bakkie en vier passasiers is…
30 Oct 2023 1AM 1 min

Mpumalanga mik vir slaagsyfer van 83-persent in matriek-eindeksamen wat vandag begin

# Die Mpumalanga Onderwysdepartement hy is gereed vir die matriek-eindeksamen wat vandag begin. Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê sy departement is slaggereed om te verseker die eksamen verloop vlot. Volgens Majuba handhaaf Mpumalanga sedert 2019 voorval-vrye eksamens. Vanjaar sal 68-duisend-681 voltydse en 16-duisend-767 deeltydse matrikulante die eksamen aflê…
30 Oct 2023 1AM 1 min

Nuusberig: Groepsgeweld eis sewe lewens in 'n dag

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, betreur die dood van sewe mense Woensdag in die Laeveld in vier afsonderlike voorvalle wat na vermoede groepsgeweld was.
27 Oct 2023 8AM 1 min

Premier besoek Sibusisiwe Sekondêr voor matriekeksamen

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, besoek vandag die Sibusisiwe Sekondêre Skool in Matsulu as blyk van ondersteuning. Dit is in aanloop tot die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen wat Maandag begin. Altesaam 68-duisend-681 voltydse kandidate het geregistreer om vanjaar die matriek-eindeksamen in die provinsie af te lê. Die woordvoerder van die…
26 Oct 2023 5AM 1 min

Openbare toeskouergebiede vir Wêreldbeker-eindstryd aangekondig

Die Mpumalanga Departement van Kultuur, Sport en Ontspanning het drie openbare besigtigingsgebiede toegewys vir Saterdagaand se Wêreldbeker-eindstryd tussen die Springbokke en die All Blacks. Dit is in Schoemansdal, ermelo en Siyabuswa. Die geskiedkundige ontmoeting, die eerste sedert 1995, sal ook bepaal watter span eerste 'n vierde Wêreldbeker-titel wen. Sibusiso Nkosi…
26 Oct 2023 2AM 1 min

Buscor wen President se toekenning by KLCBT-toekennings

Die wenners van die gesogte jaarlikse Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT)-toekennings is Vrydagaand tydens ‘n spog-gala-geleentheid aangewys. Vanjaar is die gesogte President se Toekenning aan Buscor uitgeloof. Linda Grimbeek, operasionele bestuurder van die KLCBT, sê dié toekenning is vir 'n instansie waarsonder jy die Laeveld glad nie…
25 Oct 2023 7AM 1 min

Toepassing wil wild in Kruger help beskerm

Diere word soms op die Krugerwildtuin se paaie raakgery, selfs al hou bestuurders by die spoedbeperking van 50 km/h. Die Endangered Wildlife Trust het egter ‘n toepassing geskep waarmee besoekers data kan help insamel om die probleem te help bekamp. Roland Mastnek van die SANParke Ereveldwagters sê “Brake for Wildlife”…
25 Oct 2023 7AM 1 min

Reef 10's die naweek in Witrivier

Dit is die naweek die gewilde Reef 10's sportbyeenkoms by Hoërskool Rob Ferreira. “Tens” sport behels 10-aan-’n kant-wedstryde en sluit rugby, hokkie, netbal en krieket in. Vanjaar is hardloop ook deel van Reef 10’s. Pieter Rademeyer sê deelnemers het ook amper verdubbel teenoor 2022. Hy skryf dit toe aan die…
25 Oct 2023 6AM 1 min

Mbombela-munisipaliteit aanvaar mosie oor geraassteuring

Mbombela het ‘n mosie aanvaar wat deur die DA ter tafel gelê is waarvolgens die munisipaliteit ordonansies oor geraasbesoedeling in Wyk 16 van die stad sal afdwing. Volgens DA-raadslid Kyle Oliver volg dit op twee jaar van samesprekings oor ongemagtigde studentebehuising in die area. Hy sê van die behuisingseenhede is…
25 Oct 2023 6AM 1 min

Sleutels na nuwe spogskool aan skoolgemeenskap oorhandig

Die Mpumalanga Departement van Onderwys, die Kantoor van die Premier en die provinsiale Departement van Openbare Werke het vanoggend die sleutels van die nuut opgeknapte Jameyana Primêre Skool in Cottandale, Acornhoek, aan die skoolgemeenskap oorhandig. Dit is die resultaat van werk om twee bestaande skole in ‘n eenheid saam te…
24 Oct 2023 6AM 1 min

Twee gearresteer vir moord op onderwyseres

Twee mans het gister in die Kwamhlanga-hof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord, ontvoering en huisroof na hulle glo ‘n reeks huisrowe uitgevoer het. ‘n Onderwyseres is verlede Maandagaand in Phola Park vermoor en twee ander mense is beroof. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het…
24 Oct 2023 5AM 1 min

Lily Myn tragedie: Families kondig môre volgende stappe aan

Verteenwoordigers van ActionSA sowel as die familielede van die mynwerkers wie se liggame sedert die ineenstorting by Lily Myn in 2016 ondergronds vasgekeer is, sal môre die myn in Low’s Creek besoek om hul volgende beplande stappe aan te kondig. Dit volg na die Konstitusionele Hof verlede week finaal beslis…
23 Oct 2023 7AM 1 min

Sleutels van nuwe Jameyana Primary môre oorhandig

Die Mpumalanga Departement van Onderwys, die Kantoor van die Premier en die provinsiale Departement van Openbare Werke oorhandig môre die sleutels van die nuut opgeknapte Jameyana Primary in Cottandale, Acornhoek, aan die skoolgemeenskap. ‘n Woordvoerder van die onderwysdepartement, Gerald Sambo, verduidelik dit is ‘n resultaat van werk om twee bestaande…
23 Oct 2023 6AM 1 min

Vermeende sakerower aangekeer tydens Operasie Shanela

‘n Vermeende sakerower is Donderdagmiddag in Mmametlhake aangekeer. Hy was na bewering deel van ‘n groep gewapende aanvallers wat ‘n winkeleienaar beroof en aangerand het. Hulle het op die vlug geslaan. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhlui, was polisiebeamptes daar naby besig met “Operasie Shanela” en het die…
23 Oct 2023 12AM 1 min

Soektog na moordverdagte wat borgvoorwaardes in Middelburg verbreek

Die polisie in Middelburg het 'n mannejag geloods na 'n sekerheidswag wat van moord aangekla word. Volgens die polisie in Mpumalanga het Nqubeko Mchunu reeds verskeie kere in die hof verskyn vir die moord in Augustus verlede jaar op Tsepo Maseko. 'n Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê Maseko is tydens…
20 Oct 2023 6AM 1 min
460 – 480