Subscribe to this channel

You can subscribe to new audio episodes published on this channel. You can follow updates using the channel's RSS feed, or via other audio platforms you may already be using.

RSS Feed

You can use any RSS feed reader to follow updates, even your browser. We recommend using an application dedicated to listening podcasts for the best experience. iOS users can look at Overcast or Castro. Pocket Casts is also very popular and has both iOS and Android versions. Add the above link to the application to follow this podcast channel.

Signup to iono.fm

Sign up for a free iono.fm user account to start building your playlist of podcast channels. You'll be able to build a personalised RSS feed you can follow or listen with our web player.
27
SEP
5am

Man wat uit polisieaanhouding ontsnap moet drie jaar sit

‘n Moordverdagte wat in Augustus uit polisieaanhouding ontsnap het, is Vrydag tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis daarvoor. Karabo Chiloane (29) het uit die aanhoudingselle van die Belfast-landdroshof ontsnap voor sy verskyning vir 'n moord wat in 2020 in Machadodorp gepleeg is. Hy is ‘n paar dae later in Acornhoek heraangekeer. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê Chiloane het Woensdag weer probeer ontsnap.
27
SEP
3am

N4 gesluit na ongeluk

Die N4 bly gesluit na 'n ongeluk vanoggend tussen die Sudwala- en Schagen-afdraaie toe twee vragmotors teen mekaar gebots het.
Opruimingswerk is onderweg.
Volgens Kyle van Reenen van Emer-G-Med het beide bestuurders matige beserings opgedoen en is hulle hospitaal toe geneem vir behandeling.
26
SEP
7am

NVG gaan nie minister Godongwana vervolg vir seksuele aanranding nie

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga sê hy gaan nie ‘n klagte teen die minister van Finansies indien nie.
Dit volg nadat ‘n saak van seksuele aanranding in Augustus teen minister Enoch Godongwana oopgemaak is.
Die voorval het na bewering op 9 Augustus by ‘n hotel in Skukuza gebeur.
‘n NVG-woordvoerder Monica Nyuswa sê die klaer wou nie met die saak voortgaan nie.
23
SEP
7am

Plaaslike elektriese kar-span neem deel aan die Sasol Solar Challenge

Span Solar Flair het aan die pas afgelope Sasol Solar Challenge deelgeneem. Dié plaaslike span was die enigste private span wat oor agt dae sowat 2 500 km van Johannesburg na Kaapstad in hul self-geboude elektriese voertuig afgelê het. Internasionale spanne verbonde aan universiteite het met die louere weggestap, maar Klasie Botha sê dit was ‘n ongelooflike, leersame ervaring.
23
SEP
6am

Vrou gevonnis wat man glo laat vermoor

‘n Vrou en die twee moordenaars wat sy gehuur het om haar man te vermoor, is gister elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis in Delmas. Devilier Dan Zulu, ‘n taxi-eienaar, is in Julie 2011 in Embalenhle in sy oprit doodgeskiet.
Volgens die Valke se Kaptein Dineo Sekgotodi het sy vrou, Thembisa Zulu, vir Seetsa David Mofokeng Mojalefa Christopher Matsobane betaal om hom te vermoor.
23
SEP
4am

Twee vermeende renosterstropers verskyn in Skukuza

Twee Mosambiekse burgers het gister in die Skukuza-hof verskyn op klagtes van die onwettige besit van renosterhoring, ongelisensieërde vuurwapen en ammunisie, en oortreding van die Wet op Immigrasie.
Sergio Mathebula en July Sihlangu is Woensdag met twee renosterhorings in hul besit in die Krugerwildtuin vasgetrek.
Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is hulle met behulp van ‘n helikopter opgespoor na veldwagters inligting onvang het dat hulle die park onwettig betree het.
Hulle sal Woensdag vir borgtog aansoek doen.
22
SEP
8am

Man skiet glo vriendin, pleeg selfdood in Kanyamazane

Die polisie ondersoek die moord op ‘n vrou vanoggend in Kanyamazane.
Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die 37-jarige Shirley Hassan is om ongeveer sewe-uur voor oorgetuies wat op pad was werk toe geskiet deur Phinda Matlaka met wie sy glo in 'n verhouding was.
Hy het daarna by sy pa se huis in die area glo sy eie lewe geneem.
Volgens Mohlala is die vuurwapen verlede week tydens ‘n huisbraak in Kanyamazane gesteel.
22
SEP
7am

DA versoek aksie teen Mpumalanga LUR oor Jeugontwikkelingsfonds

Die DA in Mpumalanga het die adjunkspeaker, Jeaneth Thabethe, gevra om die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, voor die dissiplinêre komitee te roep.
Bosman Grobler sê hy het die wetgewer mislei met antwoorde wat hy verskaf het op vrae wat die party gestel het oor die Mpumalanga Jeug Ontwikkelingsfonds.
Volgens Grobler is die syfers wat deur Mkhatshwa verskaf is vir die 2021/22 finansiële jaar strydig met dié van die Premier se kantoor en die Mpumalanga Ekonomiese Groei-agentskap.
22
SEP
6am

Wêreldrenosterdag vandag gevier

Vandag is wêreldrenosterdag. Die jongste data toon dat Afrika tans tuis is vir sowat 22-duisend wit- en swartrenosters. Lara Rall van die W-W-F Suid-Afrika sê stroping bly hul grootste bedreiging met amper 3-duisend renosters wat tussen 2018 en 2021 gestroop is. Die goeie nuus is dat die swartrenoster-bevolking op die kontinent sedert 2017 jaarliks met sowat 13-persent vermeerder het om tans 6 200 sterk te staan.
21
SEP
5am

LUR neem groot skenking by hospitaal in ontvangs

Die LUR vir gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, het vanoggend 'n groot skenking by Tintswalo-hospitaal in Akornhoek in ontvangs geneem.
Die AM Group het nagenoeg een-miljoen chirurgiese oorpakke aan die departement geskenk.
Manzini sê dit is te wyte aan een van die maatskappy se direkteurs wat in die area grootgeword het. Sy haar hoop uitgespreek dat ander weldoeners sy voorbeeld sal navolg.
20
SEP
5am

Waarskuwing vir erge donderstorms oor die Laeveld

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku oor die moontlikheid van ernstige donderstorms in Mpumalanga vanmiddag. ‘n Oranjge vlak 5-waarskuwing geld vanaf 3-uur vir die Hoëveld en platorand en ‘n geel vlak 2-waarskuwing oor die Laeveld van Mpumalanga en Limpopo.
Weervoorspeller, Wayne Venter, verduidelik:
20
SEP
3am

Waterkrisis weens beurtkrag duur voort

Silulumanzi het inwoners van Witrivier, Nsikazi-Suid en Matsulu gevra om geduldig te bly terwyl hulle hul bes doen om watertenkwaens te verskaf aan die areas wat die ergste geraak word deur watertekorte.
Die waterverskaffer sê die verlaging van fase 6 beurtkrag na 5 het geen noemenswaardige impak om hul vermoë om water te onttrek, te suiwer en te versprei nie. Reservoirs is kritiek laag tot leeg.
Dit neem ook baie lank om watertenkwaens by Karino op te vul, weens kragonderbrekings en die agterstand.
Richmond Jele verduidelik:

842 episodes

« Back 1—12 More »