OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,787 Episodes
1140 – 1160

Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers versterk hierdie week teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse behoort verder te daal as gevolg van ‘n laer vraag. Slagpryse het hierdie week meestal dieselfde gebly. Varkvleispryse het weer effens…
9 Feb 2022 2AM 5 min

Dr Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom aan die Universteit van die Vrystaat

Dr Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, bespreek die daling van vleispryse in Februarie-maand en gee redes vir hierdie tendens. Prysdalings in skaap- en beesvleis kan aanhou in Februarie-maand en vanaf Maart weer tot die winter begin styg. Kalwers se pryse is hierdie maand bo verwagting goed. Mare…
7 Feb 2022 10PM 2 min

PM met die Onder-Voorsitter van Clocolan Agri, AJ van Rooyen

Clocolan Agri hou jaarliks ‘n gholfnaweek op hul dorp se baan en samel geld in vir die plaaslike gemeenskap. Die fondse wat ingesamel word, word geskenk aan onder andere die ouetehuis, verskeie cresh’e, laerskole, NGO’s en selfs sportklubs. Vanjaar was die 20 ste aanbieding van hierdie unieke geleentheid en het…
7 Feb 2022 10PM 3 min

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “Wisdom and Courage”.
7 Feb 2022 10PM 3 min

Tjoepie Groenewald

Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbou, is bekend vir sy videos en ander plasings op verskeie sosiale media platforms. Hy bespreek vandag die nuwe jaar en die nuwe uitdagings wat die wereld bied. Groenewald vertel van WRSA se pogings om die wildbedryf te stimuleer en suksesvol te maak…
7 Feb 2022 10PM 5 min

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse praatjie; “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer en Dorperskaap-teler uit die Kenhardt-distrik in die Noord-Kaap. Saunderson was ‘n klompie jare gelede aangewys as Suid-Afrika se Skaapboer van die jaar. Hy is ook ‘n bekende motiveringspreker, berader, predikant, maar bo alles ‘n grondeienaar, produsent en boer. Saunderson gebruik eenvoudige terme in landbouers…
3 Feb 2022 12AM 5 min

Dr Johnny vd Merwe gesels met PM oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers verswak oor die naweek, maar weer gestyg het vanaf Dinsdag teenoor die Amerikaanse dollar. Slagpryse het effens gestyg. Varkvleispryse het weer effens gedaal en verdere dalings kan in…
2 Feb 2022 1AM 5 min

PM berig oor koeie wat dalk gouer herstel in sogenaamde “hospitaalhokke”

The Cattle Site berig oor nuwe navorsing deur universiteite en relevante organisasies in Denemarke, wat toon dat huisvesting in sognaamde hospitaalhokke, mank koeie kan baat. Die verwagting is, volgens die studie, dat die mank koeie beter sal vaar in aparte hokke met sagter vloere en minder mededinging. Die studie het…
2 Feb 2022 12AM 1 min

Dr Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat

Dr Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, bespreek die nadelige invloed van die voorgestelde verhoogde brandstofpryse wat vannag in werking tree. Die stygings kan problematies vir insetkostes wees en die verhoogde rentekoerse bemoeilik dit verder. Brandstofpryse van buurlande, wat hulle brandstof uit Suid-Afrika invoer, is baie goedkoper en…
1 Feb 2022 1AM 2 min

PM gesels met ‘n bekende Dohne-Merino teller van die Suid-Vrystaat, Louwrens Conradie

Die Dohne merino-skaap is ‘n meerdoelige ras en baie goed aanpasbaar in die geharde omstandighede van Suid-Afrika, veral die Karoo, Noordkaap en Suid-Vrystaat-gedeeltes. Louwrens Conradie is ‘n bekende teler van die skaapras en hy verduidelik ook hoekom die skaap se gewildheid so toegeneem het in die laaste paar jaar. Conradie…
31 Jan 2022 1AM 4 min

PM reports about the rise of camel milk

Camel milk is all over richer than cow’s milk in several vitamins, iron, calcium and magnesium and contains higher quantities of copper. Although pricier than cow’s milk, there is a noticeable increase in its demand. Over the past two or three decades, there has been an increasing interest from other…
31 Jan 2022 12AM 1 min

Charl Shaunderson gesels vandag in ‘n nuwe reeks oor verhoogde winsgewendheid

Charl Saunderson is ‘n bekende landbouer, motiveringspreker en berader wat gereeld by landbouverenigings en -maatskappye optree en sy kundigheid aan verskeie rolspelers oordra. In vandag se praatjie begin hy in ‘n nuwe reeks oor verhoogde winsgewendheid, spesifiek in die veebedryf. Saunderson verwys na faktore soos predasie, naspeurbaarheid, droogte, knellende ekonomie,…
27 Jan 2022 12AM 5 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU gee die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers weer skerp gestyg die afgelope week teenoor die Amerikaanse dollar en druk op graanpryse veroorsaak. Speenkalwers se pryse het ook steeds sywaarts beweeg. Afwaartse pryse word egter vir…
26 Jan 2022 1AM 5 min

PM berig oor Botswana wat miljoene dollars verdien uit olifantjag

Botswana het verlede jaar meer as $2,7 miljoen uit olifantjag verdien. Meer as 287 lisensies was uitgereik en jagters het tot soveel as $43 000 betaal om ‘n olifant te skiet. Kritici is baie gekant teen die opheffing van die verbod op olifantjag in 2019, maar die betrokke minister het…
25 Jan 2022 12AM 1 min

PM berig oor vordering wat gemaak is om geldwassery by wildsmokkelaars te onthul

Groot vordering is die afgelope tyd gemaak met die blootlegging van hoe kriminele sindikate finansiele stelsels gebruik om te funksioneer. ‘n Suid-Afrikaanse taakmag teen geldwassery het met goeie navorsing, groot vordering gemaak om dit hok te slaan en dit word internasionaal geloof as ‘n uitstekende bedryfsmodel. Daar word ook gehoop…
24 Jan 2022 1AM 1 min

PM berig oor ‘n kompetisie om Suid-Afrika se eerste Klimaatslim Ambassadeur aan te wys

‘n Interessante kompetisie het pas afgeskop om Suid-Afrika se heel eerste Klimaatslim Ambassadeur aan te wys. Die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-kompetisie het op 10 Januarie afgeskop en inskrywings sluit op 28 Februarie 2022. Dit word deur Plaas Media en ‘n veeboerderykonsultant, dr Louis du Pisani aangebied en beloof klaar baie gewild…
24 Jan 2022 1AM 2 min

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Sy onderwerp is vandag “Tevredenheid is die Moeder van gelukkigheid”.
21 Jan 2022 12AM 4 min
1140 – 1160