Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Die oorsese kleinhandelaar Lindl, het nuwe produkte bekendgestel wat poog om laer vleisverbruik aan te moedig. ‘n Weense wors is byvoorbeeld ontwikkel wat bestaan uit wortels, hoendervleis en soja. Frikkadelle weer, is ontwikkel uit ‘n mengsel van beesvleis en vrugte. Lindl het hierdie aankondigings gedoen om kopers te ondersteun wat…
Charl Saunderson, bekende dorper stoetteler van Kenhardt in die Noord-Kaap, gesels oor die beste metodes om vee te bemark. Hy gesels ook oor die huidige landboutoestande in die Noord-Kaap en verduidelik die groot dankbaarheid wat heers tussen landbouers oor die goeie reëns.
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers weer sywaarts beweeg teenoor die Amerikaanse dollar. Rentekoerse is ook weer opwaarts aangepas. Slagpryse geniet goeie ondersteuning. Speenkalfpryse het weer verder gedaal hierdie maand. Stoorlampryse het effens gestyg…
Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, verduidelik die gevolge van die huidige uitbraak van bek-en-klouseer en die toemaak van grense vir verskeie produkte uit die vleisbedryf. Hy verwys weer na die belangrikheid van naspeurbaarheid en hoe dit moontlik oplossings in die toekoms kan bied. Om…
Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat spesialiseer in grondregte. Hy behandel vandag interessante vrae van luisteraars. Moolman behandel ‘n vraag oor die rol van arbeidsmakelaars in die landbousektor. Moolman gee ‘n volledige definisie van die term arbeidsmakelaar. Dit kom daarop neer dat ‘n makelaar neem werknemers in diens en…
Dr Francois Koekemoer van Bethlehem, word beskou as een van Suid-Afrika se top wetenskaplikes en hy gesels vandag oor ‘n groot deurbraak met ‘n nuwe generasie koringkultivar. Die opbengs en bak van koring is belangrik vir enige gewas en die uitstekende resultate van die nuwe kultivar se kwaliteitstoetse was baie…
Tjoepie Groenewald is ‘n bekende kundige van sosiale media in die landbousektor en vandag vertel hy van die opwinding oor Nampo wat eersdaags plaasvind. Groenewald vertel van die redes hoekom die Nampo-week met een dag verleng is en binnekort gaan plaasvind van 16-20 Mei. Groenewald vertel ook van die verskillende…
Charl Saunderson is ‘n bekende landbouleier en Dorper-skaap teler uit die Noordkaap en hy het ‘n passie vir mense en diere. Saunderson is ook ‘n berader, predikant, sakeman en stoetteler en hy praat vandag oor hoe boere in Suid-Afrika deur droogtes en sprinkane se uitdagings kon werk om ‘n tweede…
‘n Noorweegse winkelgroep het begin om die omgewingsimpak op kwitasies aan te bring, aangesien kopers nou bewus word van produkte se koolstofvoetspoor wat soms te hoog is. Die gebruiklike massa-aanbiedinge op minder volhoubare produkte is ook intussen gestaak. Daar word verder berig oor die riglyne vir identifisering van vroee BRS-tekens…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers weer versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Rentekoerse is ook weer opwaarts aangepas. Slagpryse geniet goeie ondersteuning. Speenkalfpryse het weer verder gedaal hierdie maand en slagpryse het sterk gestyg…
AgriOrbit berig oor ‘n nuwe inisiatief wat onlangs in Pretoria bekendgestel is. Die konsep van wildekonomie is aan leerders verduidelik asook watter bydrae die wildbedryf tot die Suid-Afrikaanse ekonomie lewer. ‘n Slanghanteringsdemonstrasie is ook gehou en leerlinge is touwys gemaak oor slange se rol in die ekostelsel en wat kinders…
Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, verduidelik die die verhoogde rentekoerse en die invloed op die landbousektor. Volgens Maré hou rentekoerse egter baie min voordele in om inflasie af te bring. Ook brandstofpryse bly hoog en baie produsente trek swaar as gevolg van onder andere…
Kobus Lindeque is ‘n bekende in die landboubedryf en kundige op die gebied van navorsing oor koringkultivars. Die afgelope paar jaar is intensiewe navorsing gedoen oor koringkultivars, spesifiek vir die Suid- Afrikaanse bedryf en volgens Lindeque is hierdie ‘n groot deurbraak vir plaaslike produsente met baie voordele daaraan verbonde. Hy…
Die afname in die getal Suid-Afrikaanse produsente van onverwerkte melk, word in dieselfde konteks beskou as dieselfde afname wêreldwyd. Die daling in die aantal produsente vind dus ook in lande plaas waarvan die suiwelbedrywe gereguleer word. Net in Kanada alleen was daar ‘n 54,46% afname in produsentegetalle van onverwerkte melk.
Claude Moller is ‘n bekende “life coach” en motiveringspreker in die landbousektor wat sy wedervaringe met medemense deel en die spesiale lessies wat hy daaruit leer. Moller reis wyd in die Afrika kontinent en kry gereeld te doen met alledaagse praktyke en gebeurtenisse, wat hy dan ‘n storie van maak…
Volgens ‘n verslag van Cape Wools, is dit belangrik dat kleinveeboere seker moet maak van die regte inenting teen slenkdalkoors om die doeltreffendheid van die entstof te verseker. Die entstof kan verseker doeltreffend wees, mits die regte prosedures gevolg word. Onder andere word aanbeveel dat dit te alle tye in…
Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer en Dorperskaap-teler uit die Kenhardt-distrik in die Noord-Kaap. Saunderson was ‘n klompie jare gelede aangewys as Suid-Afrika se Skaapboer van die jaar. Hy is ook ‘n bekende motiveringspreker, berader, predikant, maar bo alles ‘n grondeienaar, produsent en boer. Saunderson gebruik eenvoudige terme in landbouers…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Slagpryse geniet goeie ondersteuning. Speenkalfpryse het egter verder gedaal hierdie maand en slagpryse het sterk gestyg. Stoorlampryse het die afgelope week gedaal. Hoendervleispryse…
AgriOrbit berig oor ‘n tekort aan snotsiekte-entstof in Suid-Afrika, nadat daar verlede jaar ‘n ooreenkoms gesluit is tussen Onderstepoort Biologiese Produkte en ‘n navorsingsinstituut in Skotland. Die doel hiermee was om tegnologie te verkry vir die ontwikkeling, registrasie en vervaardiging van ‘n entstof teen snotsiekte. Dit blyk egter nou dat…
Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, praat oor die uitbraak van bek-en-klouseer in Suid-Afrika en ook oor die sogenaamde “hot spots” waar dit voorkom. Die Departement van Landbou het alreeds met maatreëls begin om dit hok te slaan, maar volgens Maré is die enigste manier…
22 Mar 2022 2AM
3 min
1080 – 1100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.