Kosmos 94.1 Kosmos 94.1 In Gesprek

Kosmos 94.1 In Gesprek

Kosmos 94.1 kry gereeld gaste en kliënte wat kom kuier in die Uitsaai-Boetiek. As jy dit op die lug gemis het, kry dit hier!
Daily Afrikaans Namibia Business
45 Episodes
1 – 20

Arbeidsministerie sê self op Kosmos 94.1 oor nuwe aangewese werkgewers

Die arbeidsministerie gesels oor die afwaartse aanpassing deur die Namibiese arbeidsministerie. Aangewese werkgewers is vanaf 25 na tien aangepas. Dit wil sê dat as jy tien mense in diens het moet jy enige vakante posisies aan die arbeidsministerie rapporteer vir plasing op die geïntegreerde indiensneming inligtingstelsel. Dit is nou onwettig…
31 Jan 2023 3AM 20 min

Namib Mills gesels oor prysstygings

Pieter van Niekerk, kommersiële bestuurder by Namib Mills gesels met Yanna Smith oor koring, suiker en die skerp styging in pryse.
29 Mar 2022 5AM 12 min

3de jaar by Dash vir Legacy of Love

21 fietsryers neem deel aan die Nedbank Desert Dash vanjaar om fondse in te samel vir projekte van Legacy of Love. Waarvoor gaan die fondse en Legacy of Love? Luister na die onderhoud van Ronel de Beer en Jean-Louis Knouwds.
3 Dec 2020 7AM 7 min

Zirk Botha gaan Row2Rio

Die 59 jarige Zirk Botha, die bekende Suid-Afrikaanse avonturier vertrek volgende week op ‘n baie interessante tog. Hy sal die eerste mens wees om van Kaapstad oor die Atlantiese Oseaan na Rio de Janeiro te roei. Die reis van sowat 7 duisend kilometer sal ongeveer 3 maande duur. Zirk wil…
27 Nov 2020 3AM 4 min

Goeie skuld, slegte skuld en die lig aan die einde van die tonnel!

Covid het baie besighede en individue gekelder. Maar Kosmos is daar om te help. Donderdag oggend gesels Jean-Louis en Yanna oor skuld. Het jy te veel en kan nie meer die betalings haal nie? Is jy bang jou krediteure doen aansoek vir 'n verstek vonnis? Weet jy wat die prosedures…
1 Oct 2020 4AM 18 min

Verander jou huis of besigheid met ColorBlinds

Danie Grobler en Rori Ndlovu het vanoggend by die oggendspan kom kuier om te gesels oor hulle produkte en dienste wat hulle bied. Indien jy belangstel om van hulle dienste gebruik te maak besoek hulle Facebook blad: ColorBlinds
17 Sep 2020 5AM 7 min

Dr. Willie Bruwer gesels oor Covid-19

Die bekende pulmonoloog, Dr. Willie Bruwer, kuier saam met Jean Louis en Yanna om oor ALLES van Covid-19 te gesels - inperkings, aanpassings in die virus, maskers, hoekom Swede dit reggekry het, entstowwe en wat nog.
23 Jul 2020 2AM 15 min

Wil jy 'n naweek weg wen na Kifaru Luxury Lodge?

Jean-Louis Knouwds gesels met Jaco Muller van Kifaru Luxury Lodge en die Rhino Momma Project oor wat die projek behels asook die finominale pryse wat weg gegee word met die Rhino Momma Project kompetisie. Dit word moontlik gemaak deur Hyundai, Doll's Paradise en Cntrl-P Graphics. Besoek ons Facebook blad om…
1 Jul 2020 6AM 6 min

Wintermodes: Dit gaan alles oor bybehore....

In hierdie tyd van inperkings, ekonomiese uitdagings, kommer oor ons kinders en wat nog alles, kan ons almal doen met ‘n bietjie verligting... Dames? Kom aan... dis winter en dit beteken ons kan ons klerekaste aanpas en ‘n bietjie sprankel in ons dae sit... hetsy dit ‘n mooi hoed, serp…
15 May 2020 5AM 15 min

Kook vir 'n week saam met Sanet!

Sanet Prinsloo gesels kos vir kinders met tuisonderrig en mammas wie besig is en werk tot 5 uur. Lekker kos vir 7 dae! Vinnig en maklik, gesond, goedkoop en voedsaam. Gooi alles bymekaar oor die naweek en help vir boeta en sussie na 5, terwyl jou aandete verhit…
8 May 2020 4AM 13 min

Wenke vir tuisskoling

Wenke vir tuisskoling in die staat van inperking van die hoof van die Axis Christelike skool, Elrika de Klerk.
20 Apr 2020 10AM 3 min

Kosmos 94.1 stel toep (App) bekend.

Kosmos 94.1 kry gereeld gaste en kliënte wat kom kuier in die Uitsaai-Boetiek. As jy dit op die lug gemis het, kry dit hier!
6 Apr 2020 8AM 7 min

20 Maart Wêreld Down Sindroom Dag

Dit is 20 Maart Wêreld Down Sindroom Dag en Huipie van Side by Side- Early Intervention Centre het 'n bietjie kom vertel hoe jy ook kan deel word van die dag met jou Crazy Socks.
20 Mar 2020 9AM 5 min

Korona en jou besigheid

Jean Louis en Yanna het vanoggend gesels met Bruce Hansen, die Besturende Direkteur van Simonis en Storm, oor die ekonomie, jou besigheid en die korona-virus.
20 Mar 2020 8AM 12 min
1 – 20