'n Komiteelid van United Beekeepers of Namibia en professionele byeboer, Chris Lemmer, sê Windhoek ervaar 'n groot toename in residensiële byeswerms in vergelyking met die afgelope drie jaar. Hy sê dat goeie reën, gekombineer met 'n buitengewoon warm winter, veroorsaak het dat byepopulasies reeds in Junie floreer en swerm, maande…
Die Hooggeregshof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die moordverhoor van Bafana Mahungela, wat daarvan beskuldig word dat hy die Sandton-onderwyseres Kirsten Kluyts vermoor het. Kluyts is in Oktober 2023 vermoor terwyl sy aan ’n atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Die Staat beweer sy is aan stompkragtrauma en verwurging dood. Mahungela staan…
Die GOOD Party sê die jongste syfers oor voedselarmoede beklemtoon die ontoereikendheid van die maatskaplike verligtingstoelaag van 370 rand. Die party voer aan die toelaag is heelwat laer as die maandelikse bedrag van 868 rand wat nodig is om in 'n volwassene se basiese daaglikse voedselbehoeftes te voorsien. Die sekretaris-generaal…
NamWater-woordvoerder Lot Ndamanomhata het 'n dringende waarskuwing aan verbruikers langs die Omatako-Von Bach-pyplyn uitgereik aangesien die Omatako-dam bykans leeg is. Hy sê dat die laaste oorblywende toeganklike water uit die dam onttrek word, en dat dit hoogstens vir een tot twee weke volgehou kan word. Terwyl noodreserwes binne die Kombat-Berg…
Vrydagaand se Copps 94.1-span het hul hande in Windhoek volgehad met ligte voertuigongelukke en alkoholverwante insidente. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was op sy pos en doen verslag van die toneel:
Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings sê die DA se verklaring oor die onwettige besetting van behuisingsprojekte is misleidend. Die party beskuldig die departement dat hy versuim om behuisingsprojekte te beskerm en sê 14 is die afgelope vyf jaar onwettig beset - onder meer Eagle Nest, Western Mega Project en…
Namibië se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, ambassadeur Penda Naanda, het dringende wêreldwye optrede versoek om kerntoetse te beëindig en totale kernontwapening te versnel. Naanda het tydens 'n hoëvlak-vergadering van die VN se algemene vergadering in New York gewaarsku dat toenemende geopolitieke spanning en die modernisering van kernwapens wêreldwye…
‘n Appel ‘n dag sê hulle! In die geval, bring hy dalk die nodige dokter nader. Die bekende Kankerappel-projek van Bank Windhoek, ter ondersteuning van die Namibiese Kankervereniging, het ‘n rekord 4 miljoen Namibiese dollar vanjaar ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se hoof, Rolf Hansen gesels.
Die Stad Windhoek-brandweer het bevestig dat 'n vuur wat tans in Baboon City, die informele nedersetting teenoor die Westelike Verbypad tussen Pionierspark en Unam brand, nie 'n veldbrand is nie. Die departement sê dit brand by 'n stortingsterrein in die gebied. Senior brandveiligheidsbeampte Fillipus Sikongo het met Kosmos 94.1 Nuus…
Woordvoerder van die ||Khomanin tradisionele gemeenskap, Shaun Gariseb, het die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, daarvan beskuldig dat hy nie formele griewe rakende leierskapsgeskille en finansiële bestuur in hul tradisionele owerheid hersien het nie. Na 'n optog by die ministerie se hoofkwartier in Windhoek, het Gariseb gesê…
Boere word aangespoor om vroeg voor te berei vir 'n moontlike droë komende seisoen. Dit volg op waarskuwings van hoër temperature en droogte wat verband hou met El Niño-toestande. Die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Saai, dr. Theo de Jager, sê boere moet hul aanplantings, begrotings en waterverbruik noukeurig beplan…
Die MK-party se regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, sê president Cyril Ramaphosa kan nie verontskuldig word voor hy verduidelik wat geword het van die miljoene Suid-Afrikaanse rand wat op sy plaas, Phala Phala, gesteel is nie. Mpofu het die Wes-Kaapse Hooggeregshof toegespreek, waar Ramaphosa die bevindings van die Artikel 89-onafhanklike paneel betwis…
Visseryeminister Inge Zaamwani doen 'n beroep op dringende wetenskaplik-gebaseerde pogings om Namibië se visbevolkings te beskerm. Sy het by die opening van die driedaagse Nasionale Visserye Indaba in Walvisbaai gepraat. Die geleentheid is daarop gemik om verder as praatjies te beweeg en uitvoerbare en transformerende uitkomste te lewer oor kwessies…
Sowat 200 flessies slangteengif sal na verwagting volgende week in die land aankom, na maande se waarskuwings van kundiges oor kritieke lae voorrade. Kenners het die afgelope ses maande dringende optrede versoek, maar is gefrustreerd dat beide regeringsinstellings en die privaatsektor blykbaar eers reageer wanneer voorrade byna uitgeput is, of…
Die Europese Unie verskerp die afdwinging van sanksies teen Rusland en oorweeg groter steun aan Oekraïne. Die EU het sedert 2022 reeds 21 stelle sankies teen Moskou ingestel, gemik op die finansiële, energie- en die handelsektore. Die visepresident van die Europese Kommissie, Kaja Kallas, sê die EU-ministers van Buitelandse Sake…
Amerikaanse visepresident JD Vance het sy stem bygevoeg tot die Republikeine se veldtog vir die komende November verkiesings. Hy sê die keuse lê tussen mal mense en mense met gesonde verstand.
Die Activists and Citizens Forum doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om meer fondse beskikbaar te stel en die werksaamhede van die Madlanga-kommissie te verleng. Van die 147-miljoen Suid-Afrikaanse rand waarvoor aanvanklik begroot is, is 123-miljoen-rand reeds bestee, terwyl bykomende befondsing gesoek word. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem,…
Meatco se Okapuka-leerlooiery het sy jongste omgewings-, sosiale en bestuursoudit deur die Sustainable Leather Foundation geslaag, wat sy status as 'n leier in verantwoordelike leerproduksie versterk. Die fasiliteit transformeer plaaslik verkrygde beesvelle in naspeurbare, hoëgehalte ‘wet blue’-leer, wat internasionale motor-, meubel- en kledingmarkte in Europa en Afrika bedien. Meatco-woordvoerder Undamuje…
Die hoofafrigter van die Brave Warriors, Collin Benjamin, het sy voorlopige groep vir Namibië se openingswedstryde vir die Afcon-kwalifikasie teen Kongo-Brazzaville en die Comore aangewys en sy keuses verdedig om "honger, fiks en opkomende spelers" te prioritiseer. Benjamin voeg by dat spelers wat uitgelaat is, soos Ryan Nyambe, steeds kan…
4 Sep 6AM
1 min
980 – 1000
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.