Die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad sal teen 1 April 2026 oorskakel na 'n kontantlose betalingsstelsel, met die doel om administratiewe koste te besnoei en sekuriteitsrisiko's te verminder. Produsente word aangemoedig om kaarte of elektroniese fondsoordragte te gebruik vir betalings soos handelsmerkaansoeke en oorplaatjie-aankope. FAN Meat-hoof Victor Klazen het aan Kosmos 94.1…
Die VSA het sanksies teen Sirië gedeeltelik opgeskort na die besoek van tussentydse president Ahmed al-Sharaa aan Washington. Dit was die eerste besoek aan die Withuis deur 'n Siriese staatshoof sedert die land se onafhanklikheid in 1946. Die VSA het 'n 180-dae-opskorting van sommige sanksies ingevolge die Caesar-wet aangekondig, wat…
TLU SA sê geen redelike persoon kan die onlangse vuurwapenwysigings ondersteun nie. Bennie van Zyl sê die probleem lê nie by wettige vuurwapeneienaars nie, maar by die regering se mislukking om onwettige wapens, bendes en georganiseerde misdaad te beheer. Hy sê plaasaanvalle, geweldsmisdaad en wydverspreide vrees word aangevuur deur onvoldoende…
Die DA in die Wes-Kaap sê die slagting van 19 skilpaaie in die Tafelbaai-natuurreservaat georganiseerde wildmisdaad in die streek uitgelig. Dave Bryant sê die DA sal parlementêre vrae aan die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning voorlê en dring daarop aan dat die publiek verdagte aktiwiteite aanmeld. Bryant het CapeNature, die…
Die tweede gekeurde Jannik Sinner van Italië het sy titel verdedig met ʼn oorwinning in Turyn. Die 24-jarige Sinner het met die Kanadees, Felix Auger-Aliassime, afgereken om sy kanse op die eerste plek op die ranglys lewend te hou indien hy die Spanjaard, Carlos Alcaraz, kan klop. Taylor Fritz van…
Kabinet het volgens berigte in beginsel goedkeuring gegee vir Namibië se deelname saam met Angola en Botswana om aandele in De Beers te verkry. Dit kom terwyl Anglo American voorberei om sy aandeel in die diamantreus te verkoop. Voormalige Namdia-baas Kennedy Hamutenya sê Namibië moet die geleentheid aangryp. Hamutenya het…
Die BBC-voorsitter Samir Shah het ʼn verskoning uitgereik nadat ʼn toespraak van president Donald Trump van Amerika geredigeer is in ʼn episode van Panorama, en noem dit ʼn oordeelsfout. Die program het Trump se toespraak so geredigeer dat dit lyk asof hy ondersteuners op 6 Januarie 2021 direk aanhits tot…
Daar is weer lekker motorsport die naweek, die keer aan die kus met die Shell V Power M+Z-tydren wat Vrydagmiddag om sesuur afskop. Daar is 31 spanne ingeskryf. Francois Lottering het meer…
Kliniese sielkundige Shaun Whittaker sê die onlangse stekery van 'n polisiebeampte deur 'n geestesongestelde gevangene by die Rundu-polisiestasie is diep kommerwekkend en laat ernstige vrae ontstaan oor veiligheids- en geestesgesondheidsprotokolle binne polisieselle. Whittaker het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat voorvalle soos hierdie die dringende behoefte aan behoorlike psigiatriese opleiding…
Verbruikersregte-voorstander Milton Louw het kommer uitgespreek oor Namibië se nuwe Verbruikerskredietwetsontwerp. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Louw dat die verwydering van Artikel 110 oor skuldberading, verbruikersbeskerming en waardigheid ondermyn. Hy waarsku dat sonder 'n gereguleerde stelsel om oorbelaste Namibiërs te help, duisende sonder 'n billike kans gelaat…
Na die bevestiging deur die omgewingsministerie dat 37 renosters reeds vanjaar in Namibië gestroop is teenoor 28 verlede jaar, sê bewaringskundiges weer dat handel in renosterhoring gewettig moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Muller van die Rhino Momma-projek gepraat en hy sê die hoofrede vir die toename is…
Opgedateerde ongelukstatistieke van 1 Januarie tot 9 November bring die aantal ongelukke op 2 793 te staan, die aantal sterftes op 431 en die aantal beserings op 4 565. Ongelukke en sterftes het in vergelyking met 2024 onderskeidelik met 1,9 persent en 20 persent toegeneem, terwyl beserings 2,3 persent laer…
Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika sê Kaapstad Internasionale Lughawe het 1 miljoen passasiers in Oktober oorskry, 'n mylpaal wat gewoonlik net in Desember gesien word. Die prestasie dui op 'n sterk begin van die feestyd-reisseisoen en weerspieël groeiende vertroue in die toerisme- en lugvaartsektore. ACSA-woordvoerder Ofentse Dijoe sê hulle sal voortgaan om…
Amerika se president Donald Trump dreig om die BBC vir 'n miljard Amerikaanse dollar te dagvaar as dit nie teen 14 November sekere voorwaardes nakom nie. Trump se prokureurs beweer die BBC het hom belaster deur sy toespraak voor die Capitol-onluste in 2021 opsetlik en bedrieglik te redigeer. Die voorsitter…
Die sittings van die sesde Nasionale Raad het vandag tot 'n einde gekom. Die laaste sessie, wat op 3 November begin het, het onder andere oor die Toe-eienings-wetgewing gehandel, en verskeie staande komitee verslae. Die vise-president, Lucia Witbooi het die raad bedank.
Die woordvoerder van die Waarheid- en Versoeningskommissie, Lionel Adendorf, sê die Khampepe-kommissie van ondersoek sal help om afsluiting te bring vir 25 gesinne wat steeds geregtigheid soek. Die kommissie begin vandag met sy werk in Johannesburg en ondersoek beweerde politieke inmenging in apartheidsera-vervolgings. Adendorf sê dit is noodsaaklik om te…
Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid het 'n jaar van merkwaardige finansiële herstel beleef met die vermindering van sy operasionele verlies tot slegs 1 miljoen Namibiese dollar, vergeleke met 8 miljoen dollar in die vorige jaar. Dit is volgens die owerheid se jaarverslag vir die tydperk wat eindig Maart 2025. Die owerheid het…
Namibië se groenwaterstof-ambisies het 'n hupstoot gekry by COP30 in Brasilië, met president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat oor die naweek 'n billike en inklusiewe globale energie-oorgang versoek het. Die hoofberaad begin vandag. Jona Musheko, woordvoerder van die Namibië Groenwaterstofprogram, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die president se opmerkings Namibië…
Groenskemabestuurders van die Kavango Oos- en Wes-streke vergader hierdie week in Rundu om die stygende koste van elektrisiteit aan te pak. Die werkswinkel, georganiseer deur die Elektrisiteitsbeheerraad, het ten doel om volhoubare tariefoplossings te vind om die energiekostes te verlig wat sowat 'n miljoen dollar per maand uit groenskemas dreineer…
10 Nov 9AM
1 min
780 – 800
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.