Krieket Namibië se Ashburton Kwata Mini-Krieketprogram het 'n wêreldwye toekenning by die IKR se Jaarlikse Algemene Vergadering verower. Die voetsoolvlak-inisiatief, wat in al 14 streke aktief is en in openbare skole geïntegreer is, het 58 560 deelnemers in 2024 aangeteken – wat die gekombineerde totale van alle Afrika-nasies oortref. Met…
VeldBridge Holdings, 'n beleggingsmaatskappy wat in die Kaaiman-eilande geïnkorporeer is, het 'n aanbod gemaak om die volle aandelebesit van Trustco se stigter en uitvoerende hoof, dr. Quinton van Rooyen, te bekom. Die transaksie sal Trustco toegang gee tot nuwe finansiering. 'n Voorwaarde van die aanbod is egter dat Trustco sy…
Jaarlikse inflasie was in Julie 3,5 persent teenoor 3,7 persent in Junie, maar voedselpryse bly hoog. Voedselinflasie was 6,1 persent met veral vleis, vis en groente wat geklim het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald gepraat.
President Cyril Ramaphosa sê die Nasionale Dialoog sal op 15 Augustus voortgaan ten spyte van die onttrekking van ses groot stigtings, insluitend dié van Thabo Mbeki, Steve Biko en FW de Klerk. Die groepe beskuldig die regering dat hulle beheer oorneem oor wat 'n burgergeleide proses behoort te wees en…
Geen ernstige misdaadvoorvalle is Vrydagaand tydens die Copps 94.1-skof saam met die Windhoekse stadspolisie aangemeld nie. Groepies jong kinders in die strate van die hoofstad is deursoek en gemaan om waaksaam te wees. Senior-inspekteur Silas Shipandeni doen verslag:
President Donald Trump van Amerika vergader volgende Vrydag met sy Russiese eweknie Vladimir Putin in Alaska om ‘n einde aan die voortslepende oorlog in die Oekraïne te probeer bring. Dit sal die eerste keer sedert 2021 wees dat die leiers van dié twee supermoonthede ontmoet. Trump het Vrydag gesê die…
Die DA het belowe om vroue en meisies in Komani, Oos-Kaap, te beskerm, waar geslagsgeweldsyfers die hoogte inskiet. Die leier van die DA se Enoch Mgijima-kiesafdeling, Chantel King, het op 'n Vrouedag-betoging gesê die dorp het te kampe met 'n noodtoestand, met 158 verkragtings wat binne 'n jaar aangemeld is…
Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi was in gesprek met Richard Quest van die Amerikaanse nuuskanaal CNN. Terwyl die onderhoud eintlik oor olie-eksplorasie in die Kavango-bekken en waterstof-energiebronne gehandel het, het Quest Shiimi gevra wat sy mening oor inperkings is, veral na die goewerneur van die sentrale bank Johannes…
30 Jun 2021 12AM
1 min
3992 – 4001
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.