Die grondhervormingministerie het begin met die uitrol van buigsame grondbesittitels reg oor die land, met die doel om stedelike grond meer toeganklik en bekostigbaar te maak vir inwoners van informele nedersettings. Die ministerie het plaaslike owerhede aangespoor om die inisiatief te aanvaar en grondregte vir kwesbare gemeenskappe te verseker. Die…
Al sewe amptenare van die Verkiesingskommissie wat Sondag in 'n motorongeluk naby Ongolo beseer is, is ontslaan en is vanoggend weer aan diens. Die span was op pad om toesig te hou oor vandag se tussenverkiesing in die Outapi-kiesafdeling, waar kiesers na die stembusse op pad is om te kies…
Die UDM-jeugleiersgroep sê geweldsmisdade teen kinders bly skokkend hoog en Suid-Afrikaners moet geweld en misdaad teen kinders saam met wettige aksie konfronteer. Die leiersgroepvoorsitter, Zintombi Sododile, sê Artikel 28 van die Grondwet beskerm uitdruklik die regte van elke kind teen mishandeling, verwaarlosing, mishandeling en agteruitgang. Sy sê die regte kan…
Span Europa het daarin geslaag om 'n terugvegpoging teen Span VSA op die laaste dag te weerstaan om twee agtereenvolgende Ryderbeker-titels te beklink met 'n oorwinning van 15-13 by Bethpage Black in New York. Shane Lowry het 'n voëltjie op die laaste putjie aangeteken om 'n halwe punt teen Russell…
Namibië staar 'n kankerkrisis in die gesig, met meer as 4 000 nuwe gevalle wat jaarliks aangemeld word en 'n toename van 12 persent elke jaar. Voormalige gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die stygende getalle, veral borskanker onder jong vroue in die Noorde, is kommerwekkend,…
Minstens vier mense is gister dood en agt gewond tydens ʼn skietvoorval by die Mormoonse Kerk in die Grand Blanc Township, Michigan. Volgens owerhede het ʼn gewapende man tydens ʼn groot diens met sy voertuig by die kerk se voordeur ingebars, op lidmate losgebrand en die kerk aan die brand…
Die Oos-Kaapse provinsiale regering het 'n multidissiplinêre span saamgestel om klagtes te ondersoek na aanleiding van ontstellende berigte van seksuele misbruik, seksuele teistering en viktimisering van leerders in sommige van die provinsie se hoërskole. Die provinsiale LUR vir Onderwys, Fundile Gade, het onlangs gesê ongeveer sewe onderwysers van Ngangengelizwe High…
Lifeline/ChildLine vier 45 jaar van diens in Namibië en het gegroei van 'n klein huisie in 1980 tot 'n internasionaal erkende beradingsentrum. Direkteur Nicolette Bessinger het tydens die herdenkingsgeleentheid in Windhoek die naweek gesê die organisasie ontwikkel steeds en fokus nou op selfdoodvoorkoming, geslagsgebaseerde geweld en aanlyn kinderveiligheid.
Die regering is vasbeslote om veldbrande in die Etosha Nasionale Park teen die einde van hierdie week heeltemal te blus. Meer as ‘n derde van Etosha is reeds verwoes en nóg 171 098 hektaar in kommunale areas buite die park. Meer as 300 NDF-troepe is teen Sondag in die park…
Die Stampriet-akwifeer-uraanmynbouvereniging, Sauma, eis dringende wetgewing om in-situ-uitloging van uraanmynbou te reguleer, voordat enige mynbouaktiwiteite begin. Met toenemende kommer oor die veiligheid van die Stampriet-akwifer, waarsku Sauma dat die noodsaaklike waterbron steeds in gevaar is. Kosmos 94.1 Nuus het met Sauma se vise-voorsitter, Wolfgang Teichert, gepraat vir meer.
Die Spaanse Ducati-renjaer Marc Márquez het sy sewende MotoGP-wêreldkampioenskap by die Japannese Grand Prix verseker, sy eerste sedert 2019. Die 32-jarige het in Motegi tweede agter sy spanmaat, Francesco Bagnaia, geëindig om die titel te beklink. Honda se Joan Mir was in die derde plek. Brad Binder van Suid-Afrika was…
Dit is vandag presies ‘n week sedert ‘n brand in die suidwestelike deel van die Etosha Nasionale Park uitgebreek en 81 000 hektaar binne 24 uur verwoes het. Dit het sedertdien oral in die Etosha versprei en bykans ‘n miljoen hektaar, meer as ‘n derde van die park, het reeds…
Cosatu het sy ernstige kommer uitgespreek oor die bewerings wat deur die Madlanga-kommissie ontbloot is oor politieke inmenging in die strafregstelsel. Die federasie doen 'n beroep op almal wat betrek word om duidelikheid te gee oor hierdie baie ernstige bewerings, veral dié wat verband hou met politieke moorde. Edwin Mkhize…
Namibië se hawe-ontwikkelings en ander belangrike infrastruktuurprojekte lok belangstelling onder Amerikaanse beleggers uit. Die uitvoerende hoof en voorsitter van die Amerikaans-gebaseerde Corporate Council on Africa, Florizelle Liser, het Vrydag met president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die VSA ontmoet om ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk.
Die Namibiese Akkerbouraad het ‘n ontwikkelingskema vir aartappel-verbouing van stapel gestuur in ‘n poging om plaaslike produksie te bevorder en invoere te verminder. Die Akkerbouraad sal produksiekoste met 50 persent subsidieer, terwyl Agribank lenings vir die oorblywende helfte sal toestaan. Vir die volgende vyf jaar, sal 5,5 miljoen Namibiese dollar…
‘n Standbeeld van die ontslape Namibiese vryheidsvegter en een van Swapo se stigterslede, Andimba Toivo ya Toivo, is Saterdag op Robbeneiland naby Kaapstad onthul. Toivo ya Toivo was 16 jaar ‘n gevangene op Robbeneiland, onder andere saam met Nelson Mandela. ‘n Muur van herinnering met die name van 5 000…
Rusland se minister van buitelandse sake, Sergei Lavrov, sê die land het geen voornemens om die Europese Unie of Navo-lidlande aan te val nie. Moskou sal egter beslissende stappe neem teen enige aggressie wat daarteen gemik word, het Lavrov Saterdag in ‘n toespraak by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering…
Die weermag ontplooi vandag nóg 500 soldate in die Etosha Nasionale Park om veldbrande te help bestry. Bykans 800 000 hektaar, of 34 persent van Etosha, het is reeds vernietig, het omgewingsminster Indileni Daniel Saterdag bevestig. Meer as twintig naburige boere help sedert Vrydag amptenare van die ministerie en reeds…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens ‘n hoëvlak-vergadering by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gesê atoom-energie moet vir vreedsame doeleindes aangewend word. Namibië is een van die drie grootste uraanprodusente ter wêreld en probeer lidmaatskap by die Kernverskaffersgroep te verkry.
27 Sep 2025 6AM
1 min
2456 – 2476
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.