Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3992 – 4001

Saara vra inklusiewe leierskap

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het tydens haar toespraak by die 151ste algemene vergadering van die Interparlementêre Unie in Switserland die naweek die belangrikheid van inklusiewe leierskap en geslagsgelykheid beklemtoon. Sy het ‘n beroep gedoen vir sterker ondersteuningsstelsels, mentorskapinisiatiewe en welstandprogramme.
19 Oct 2025 11PM 1 min

Verstappen vat vyfde wen in VSA

Red Bull-renjaer, Max Verstappen, het ʼn oorheersende vertoning gelewer en spog ná die Amerikaanse Grand Prix met sy vyfde sege van die seisoen. Lando Norris van McLaren is tweede en Charles Leclerc van Ferrari is derde. Die voorloper in die bestuurderskampioenskap, Oscar Piastri van McLaren, was vyfde. Verstappen, wat strewe…
19 Oct 2025 11PM 1 min

Ithindi tevrede met vordering van gesondheidsprojekte

Die uitvoerende direkteur van die gesondheidministerie, Penda Ithindi, het die vordering met belangrike gesondheidsprojekte in die Oshana-streek geprys, insluitend 'n nuwe waakeenheid by die Oshakati Intermediêre Hospitaal. Tydens 'n besoek het hy die dringende behoefte aan tydige voltooiing beklemtoon om pasiëntoorplasings na Windhoek te verminder en lewens te red. Ithindi…
19 Oct 2025 6AM 1 min

Patrice Motsepe wil nie ANC-president wees nie

Die miljardêr-sakeman en CAF-president Patrice Motsepe sê hy sal nie vir die ANC-presidentskap in 2027 staan nie, ten spyte daarvan dat hy deur partylede genader is. Motsepe het tydens die SANEF-galadinee in Johannesburg gesê Suid-Afrika het nie 'n ryk man as president nodig nie, maar eerder bekwame, talentvolle mense. Hy…
19 Oct 2025 5AM 1 min

SA regering soek 'ware hervorming in IKT-sektor

Die minister van kommunikasie, Solly Malatsi, sê die regering is daartoe verbind om ware hervorming in die IKT-sektor te dryf. Tydens 'n beleidsvergadering in Pretoria het Malatsi frustrasies oor die gaping tussen potensiaal en lewering erken en gewaarsku dat gefragmenteerde beleid sektorgroei bedreig. Malatsi het die behoefte aan dringende optrede,…
19 Oct 2025 4AM 1 min

Amptenare kry trekpas oor onwettige dokumente

Die ministerie van binnelandse sake het sedert 2020 altesaam 21 amptenare afgedank weens die onwettige uitreiking van nasionale dokumente en permitte. Volgens minister Lucia Iipumbu is verskeie skuiwergate met die uitreiking van geboortesertifikate gevind en maatreëls is in werking gestel om die stelsel te versterk. Iipumbu het in die parlement…
19 Oct 2025 3AM 1 min

SA polisie neem duisende inhegtenis

Die polisie se eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het in September 2 320 verdagtes landwyd in hegtenis geneem vir verkragting, seksuele aanranding en ontvoering. Die Wes-Kaap het die hoogste arrestasies aangeteken met 536, gevolg deur Gauteng met 459 en 360 in KwaZulu-Natal. Ses-en-veertig van die oortreders het lewenslange…
19 Oct 2025 2AM 1 min

Forum versoek ondersoek na Ramaphosa-bewerings

Die Activists and Citizens Forum het 'n ondersoek versoek na bewerings dat president Cyril Ramaphosa die ontbinding van die Politieke Moordtaakspan goedgekeur het. Dit volg na die geskorste polisieminister Senzo Mchunu se getuienis voor die Parlement se ad hoc-komitee, waarin hy verklaar het dat die president met sy besluit saamstem…
19 Oct 2025 1AM 1 min

Shiimi sê beperking van beweging belangrik teen Covid

Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi was in gesprek met Richard Quest van die Amerikaanse nuuskanaal CNN. Terwyl die onderhoud eintlik oor olie-eksplorasie in die Kavango-bekken en waterstof-energiebronne gehandel het, het Quest Shiimi gevra wat sy mening oor inperkings is, veral na die goewerneur van die sentrale bank Johannes…
30 Jun 2021 12AM 1 min
3992 – 4001