Die Verkiesingskommissie het die verspreiding van stembriewe aan verskeie streeks- en plaaslike owerhede vir die komende verkiesings op 26 November afgeskop. Dit kom na die besending Maandag in die land aangekom het. Die verspreiding sal op 17 November afsluit. Die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, het aan Kosmos 94.1…
Die Madlanga-kommissie het berigte bevestig van ʼn vermeende sluipmoordpoging op die omstrede sakeman Brown Mogotsi gisteraand in Vosloorus aan die Gautengse Oos-Rand. Volgens berigte het onbekende gewapende mans op sy voertuig losgebrand, maar dis nie in hierdie stadium bekend of hy in die voertuig was nie. Mogotsi se naam duik…
Die IPC het sy verontwaardiging uitgespreek oor die toenemende massamoorde en humanitêre krisis in Soedan. Soedan se oorlog, wat sedert April 2023 woed, het tienduisende mense doodgemaak, miljoene ontwortel en die wêreld se grootste ontwortelings- en hongerkrisis veroorsaak. Die IPC het 'n beroep op Afrika-regerings en die internasionale gemeenskap gedoen…
Die bedryfsdirekteur en plofstofdeskundige van Gauntlet Security Solutions, Jimmy Roodt, is by die Nasrec-uitstalsentrum in Soweto in hegtenis geneem vir betreding. Die G20-leiersberaad word later die maand daar gehou. Roodt het onlangs gesê die land se belangrikste internasionale lughawens kan gevaarlik onvoorbereid wees vir 'n bomdreigement. Die regering se adjunk-woordvoerder,…
Die Verenigde State sal kyk na buigsaamheid vir Amerikaanse troepe wat in Suid-Korea gestasioneer is om teen streeksbedreigings te opereer, maar die kern van die alliansie met Seoel sal gefokus bly op die afskrikking van Noord-Korea. Die Amerikaanse minister van verdediging, Pete Hegseth, is op besoek na die land en…
Professor Alistair McGuire van die London School of Economics and Political Science sê geen land kon nog daarin slaag om universele gesondheidsdekking te laat slaag nie, deels omdat gesondheid aanhoudend verander. Hy was deel van die Departement van Gesondheid se paneelbespreking oor die bespoediging van universele gesondheidsdekking in Suid-Afrika. McGuire…
Die sluiting in die Amerikaanse regering duur voort. Terwyl die regering gesê het hy sal 50 persent van die befondsing vir voedselkoeponne vir 42 miljoen armoedige Amerikaners beskikbaar stel, is die nood groot en voedselbanke kan nie voor bly nie. Die VSA is die rykste land in die wêreld en…
Die president van die United Democratic Front, Hendrik Gaobaeb, het die regering versoek om grond gratis aan burgers te verskaf. Gaobaeb het tydens sy party se perskonferensie in Windhoek gesê dat toegang tot grond 'n kritieke stap in die rigting van sosiale en ekonomiese bemagtiging vir alle Namibiërs is.
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die handelsyfers vir September bekend gemaak. Die handelstekort het wel gekrimp teenoor Augustus maar bly hemelhoog op 3,4 miljard Namibiese dollar. Suid-Afrika bly boaan die lys as Namibië se voorste handelsvennoot, terwyl uitvoere hoofsaaklik deur minerale soos uraan, diamante en goud gedryf is. Vis het uitgestaan…
Die ANC sê hy is verstom oor berigte dat president Cyril Ramaphosa wil bedank. Berigte doen die afgelope maande die rondte dat hy die einde van die maand ná die G20-beraad in Johannesburg gaan uittree. Daar word bespiegel dat die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, as president…
Die goewerneur van die Oshikoto-streek, Sacky Kathindi, sê die streek is gereed om 'n sleutelspeler in Afrika se kontinentale mark te word, danksy sy strategiese nabyheid aan die wêreldbekende Etosha Nasionale Park. Kathindi het tydens die voortgesette streeksbetrokkenheidsreeks beklemtoon dat Oshikoto met die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied kan omskep word in 'n…
Die Stad Windhoek nooi gesinne wat kinders onder die ouderdom van 21 tussen 2024 en 2025 verloor het om hul name in te dien vir insluiting op die Kindergedenkmuur. Die name sal tydens die jaarlikse Kersaansteekseremonie hierdie Desember onthul word. Voorleggings sluit op 14 November. Kommunikasiebeampte by die munisipaliteit, Cillie…
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het Suid-Afrika se graanprodusente gelukgewens met die lewering van 'n rekord oes tydens een van die uitdagendste ekonomiese tydperke die laaste paar jaar. Die land se algehele graan- en oliesaadproduksie was meer as 23-miljoen ton, wat 30-persent meer is as verlede jaar. Steenhuisen sê…
Die ministerie van landbou maak bestendige vordering met die 140-hektaar Ekoka-besproeiingsprojek in die Ohangwena-streek. Boorwerk vir 'n betroubare waterbron is nou aan die gang. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Simon Nghipandulwa, gesels wat sê die projek sal onbewerkte grond in 'n produktiewe landbousentrum omskep, werksgeleenthede…
Die DA het diep kommer uitgespreek oor die skielike bedanking van die voorsitter van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, Karen Stander. Stander het verwys na dreigemente, boeliegedrag en rassisme. Delmaine Christians van die party doen 'n beroep op minister Buti Manamela om voor die Parlement te verskyn om hierdie…
Die DA versoek die Parlement se Elektrisiteitskomitee om die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika tereg te wys na die uitspraak deur die Hooggeregshof van Gauteng dat sy 2025/26 prosesse vir munisipale elektrisiteitstariewe ongrondwetlik is. Kevin Mileham van die DA het Nersa gekritiseer vir herhaalde mislukkings, insluitend gebrekkige berekenings vir die koste…
President Donald Trump van Amerika het New Yorkers aangemoedig om in vandag se burgemeestersverkiesing vir voormalige goewerneur Andrew Cuomo te stem. Hy voeg by die stad het geen kans op sukses of selfs oorlewing onder Zohran Mamdani se leierskap nie. Volgens meningspeilings is Mamdani, die Demokrate se kandidaat, voor Cuomo,…
Suhas Subramanyam, ‘n Demokratiese senator en lid van die oorsigkomitee wat ondersoek instel na die Jeffrey Epstein-skandaal, sê Andrew Mountbatten Windsor behoort getuienis in die VSA te lewer. Hy sê Epstein self is nooit verantwoordbaar gehou nie maar, daar is nou ‘n geleentheid.
Die leiers van die regering van nasionale eenheid het belowe om vinniger op te tree met munisipale toesig, jeugvaardighede en -indiensneming, voedselsekerheid en die stryd teen bendegeweld. Leiers van die tien partye het vergader vir 'n tweedaagse wegbreeksessie by die Wieg van die Mensdom in Mogale City, Gauteng. President Cyril…
Terwyl die wêreld “Movember” vier, word mans aangespoor om beheer oor hul gesondheid te neem deur vir prostaatkanker getoets te word. Die Kankervereniging van Namibië sê prostaatkanker bly een van die twee mees gediagnoseerde kankers onder Namibiese mans, maar baie stel steeds toetsing uit weens stigma en ongemak. Die vereniging…
4 Nov 2025 12AM
1 min
1552 – 1572
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.