President Cyril Ramaphosa sê 'n land se klimaataksie-doelwitte en ekonomiese ambisies kan saamwerk vir groter voorspoed. Hy was aan die woord tydens die Abu Dhabi Volhoubaarheidsweek wat onder die tema "Nexus of Next: All Systems Go" gehou is. Ramaphosa sê lande wat klimaataksie-strategieë aangepak het, het gevind dat daardie ingryping…
Grootfontein se nuwe dorpsraad beplan om 'n vervaardigingsaanleg vir baksteen en plaveisel op te rig. Die projek, wat volgende week tydens die raad se eerste vergadering ter tafel gelê sal word, sal na verwagting meer as 1 500 werksgeleenthede skep. Die voorsitter van die raad, Bennet Namaseb, het aan Kosmos…
Cosatu verwelkom die Nasionale Vergadering se goedkeuring van die Spesiale Begrotingswetsontwerp, wat 'n bykomende 754 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Departement van Gesondheid verskaf. Dit volg na 'n tekort wat veroorsaak is deur die inperking van Amerikaanse befondsing. Die vakverbond doen 'n beroep op die regering om voldoende hulpbronne in…
Die vakbond Solidariteit het die besluit van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers verwelkom om die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika te verleng. Hulle het die regering versoek om sy diplomatieke geskil met die VSA op te los. Die vakbond sê Suid-Afrika se moontlike uitsluiting van Agoa bedreig derduisende…
Die gewese speler, Michael Carrick, is tot die einde van die seisoen as Manchester United se waarnemende hoofafrigter aangestel. Dit volg nadat Ruben Amorim die span op 5 Januarie ná 14 maande verlaat het. Die 44-jarige Carrick was vir drie wedstryde United se tydelike afrigter nadat Ole Gunnar Solskjaer in…
Nampol doen 'n beroep op ouers en voogde om hul kinders, veral dié wat in Graad 0 en Graad 1 begin, leer om altyd aangewese aflaai- en optelsones te gebruik. Ouers word ook aangemoedig om hul kinders na en van die skoolhek of klaskamer te begelei totdat hulle vertroud is…
Reaksie word ontvang op die 2025 eksamenuitslae, en waarnemers meen dat punte oor die algemeen en in vergelyking met vorige jare verbeter het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dorthea Nangolo, die president van die Namibiese nasionale studente-organisasie, wat sê die uitslae lyk belowend.
Die internasionale betrekkinge-ministerie het bevestig dat 24 Namibiese burgers verstrengel is in gesofistikeerde transnasionale misdaadnetwerke wat in Mianmar en Thailand bedrywig is. Verlei deur wat gelyk het na wettige werk-, opvoedings- en sportgeleenthede, bevind baie hulself nou slagoffers van bedrog en moontlike mensehandel. Die regering sê dat hulle nou saamwerk…
Die Stad Johannesburg het ingrypings teen beweerde eiendomskaping, onwettige besetting en grondgebruik in die Bryanston-omgewing verskerp. Dit volg na wetstoepassingsowerhede op twee eiendomme in Bryanston-rylaan toegeslaan het waar beweerde onregmatige bedrywighede plaasgevind het. Die metro se woordvoerder, Nthatisi Modingoane, sê immigrasiebeamptes het twee bewoners, een van elke eiendom, gearresteer omdat…
Amerikaanse president Donald Trump het Iraniërs Dinsdag op Truth Social aangemoedig om aan te hou betoog en gesê hulp is op pad, sonder om besonderhede te gee. Hy het bygevoeg dat hy alle vergaderings met Iranse amptenare gekanselleer totdat die "sinnelose doodmaak" van betogers opgehou het. SkyNews se korrespondent in…
Na etlike dae van bestendige reënval het die Oshikoto-streekgoewerneur, Sacky Kathindi, boere versoek om sonder versuim hul lande voor te berei en voldoende gewasse te plant. Hy het beklemtoon dat tydige beplanning en aanplanting sal help om huishoudelike voedselsekerheid te verseker en selfs 'n surplus kan produseer. Kathindi het boere…
Die Vryheidsfront Plus vra vir die afkondiging van 'n ramptoestand in reaksie op die bek-en-klouseer-uitbreking. Die party waarsku dat die siekte nou van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap na groot voerkrale versprei het, wat die beesvleisbedryf en boere se lewensbestaan bedreig. Wynand Boshoff van die VF Plus sê 'n amptelike ramptoestand…
Nie alle skole is al oop nie met die laaste wat môre, die 14de open. Cambridge-leerplanskole het vandag matriekuitslae bekend gestel maar IEB skole spog al van verlede jaar af met goeie resultate. Alida Hill, die hoof uitvoerende beampte van Windhoek Afrikaanse Privaatskool, het op sosiale media 'n boodskap met…
Namibië is deur die internasionale Climate Investment Funds genooi om ’n sektorale transformasie beleggingsplan te ontwikkel, wat die nasionale pyplyn van industriële ontkolingsprojekte sal rig. Dit beoog die mobilisering van tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in gerigte kapitaal, tesame met bykomende befondsing van multilaterale ontwikkelingsbanke en finansiële instellings. Die Namibië…
'n Noodlottige skietery wat dorpshoofde in die Ondonga Tradisionele Owerheid geteiken het en waarin een gesterf het, is toegeskryf aan diepgewortelde mislukkings in gemeenskaplike grondbestuur. Terwyl grondgeskille toenemend geweld aanwakker, sê Swapo-veteraan Nahas Angula aan Kosmos 94.1 Nuus dat geweld nooit 'n oplossing is nie en dring daarop aan dat…
Die Amerikaanse staat Minnesota het die Trump-administrasie gedagvaar in 'n poging om 'n toestroming van federale immigrasie-agente, of Ice, na die staat te keer. Die regsgeding voer aan die ontplooiing kom neer op 'n ongrondwetlike federale inval. Minnesota se prokureur-generaal, Keith Ellison, sê immigrasie-operasies het miljoene mense se lewens omvergewerp,…
Sewesitplekbestuurders sal nou tydelike permitte kry namate owerhede optree om langdurige permitvertragings aan te spreek. Die besluit volg op 'n vergadering Maandag tussen operateurs en die vervoerminister, Veikko Nekundi. Die sekretaris van die Seven Seaters' Association, Pablo Benjamin, sê die tydelike permit is 'n werkbare oplossing.
Shaun Gariseb, die bekende gemeenskapsaktivis, het dit op homself geneem om 'n grondoudit landswyd te doen. Gariseb is tans in Dordabis en fokus daarop om met gemeenskapslede te praat en om grond te assesseer wat nie in gebruik is nie, sowel as grond van die Khomanin voorvaders. Kosmos 94.1 Nuus…
Build One South Africa sê die algehele slaagsyfer van 88-persent vir die matrieks van 2025 se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens is misleidend. Die slaagsyfer is ietwat van 'n verbetering van die 2024-jaargroep, wat 87,3-persent behaal het. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die werklike matriekslaagsyfer is 'n baie laer 54,7-persent, wat…
13 Jan 7AM
1 min
120 – 140
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.