Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
289 Episodes
12 – 32

Wiele2Wiele ry met Suzuki se vyfdeur-Jimny

Wiele2Wiele gaan ry met Suzuki se vyfdeur-Jimny, vertel jou oor Stellantis se toekomsplanne en sluit die 2024 Dakar-veldtydren af met ’n opsomming. SVI bied nou vir jou opsies om die nuwe Ford Ranger-bakkie te pantser en vir 2Wiele gaan hulle terug in tyd om te gesels oor die unieke klank…
25 Jan 26 min

Wiele2Wiele ry met peper warm Cayenne S

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Porsche se Cayenne S - die klank van hierdie 4.0L V8 met twee turboaanjaers, sal beslis vir jou hoendervel gee. Hulle spandeer ook tyd met Toyota se Vitz en gesels oor die 2024 Dakar-veldtydren. Vir die wenk van die week gesels die span oor…
19 Jan 26 min

Wiele2Wiele vat langpad met Scorpio-N

Vir die eerste program van 2024, vat Wiele2Wiele die langpad met Mahindra se Scorpio-N, gesels oor die Suider-Afrika deelnemers in die 2024 Dakar-ren, bring hoop wanneer dit by binnebrandenjins kom en gaan terug in tyd met Honda se VFR-motorfietsreeks.
12 Jan 24 min

Wiele2Wiele ry met nuwe BMW, Lexus en Mazda

In die week se episode van Wiele2Wiele ry hulle met die vuurwarm BMW M2, Lexus se luukse RX 500h F Sport en die Mazda2-buksie. Marcella Martin deel haar get\Worth Audi A1-storie en daar is ’n koffietafelboek wat jy moet hê - die 'Kyalami Grand Prix Circuit - 60 Years of…
14 Dec 2023 25 min

Wiele2Wiele: Ford se nuwe Puma onder die loep

Hierdie week in Wiele2Wiele word daar gesels oor Ford wat sy nuwe Puma bekendgestel het. Hulle gaan ry ook met die Land Rover Defender 110 2.0L PHEV en met die Volvo XC60 T8 Recharge. Die kollig skyn dan op die Suider-Afrika deelnemers vir die 2024 Dakar-ren. Clinton Pienaar en sy…
7 Dec 2023 13 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Tiggo, Omoda en Jaecoo

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele word daar gesels oor Chery se nuwe Tiggo 7 Pro Max, die Omoda C5 GT en die Jaecoo J7. Elektriese motors, sonkrag en sonpanele word onder die loep geneem hulle gesels met Stephie Vetter oor volgende jaar se Dakar-ren wat om die draai…
30 Nov 2023 25 min

Wiele2Wiele: Als wat jy moet weer oor nuwe vyfdeur-Jimny

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele vertel hulle jou alles van die nuwe vyfdeur Suzuki Jimny. Mazda Suid-Afrika voorspel opwindende nuus vir die toekoms, get\Worth is op ’n somer aankoop-jollifikasie en die Franschhoek Klassieke Motorfees, sal jou beïndruk.
23 Nov 2023 24 min

Wiele2Wiele vier Ford se eeufees en Kia Sportage se 30 jaar

In hierdie week se Wiele2Wiele-episode word Ford se 100 jaar in Suid-Afrika en die Kia Sportage se 30ste verjaardag gevier. Hulle vertel jou alles oor olie danksy Motul - selfs hoe om olie vir ’n opwekker te maak. Vir 2Wiele word daar MotoGP gesels.
16 Nov 2023 25 min

Wiele2Wiele ry met Omoda, Vitz en GLC Merc

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie uiteenlopende padtoetse - die futuristiese Chery Omoda C5, die bekostigbare Toyota Vitz-buksie en die Mercedes-Benz GLC 300d, met sy uitstekende dieselenjin.
9 Nov 2023 25 min

Wiele2Wiele geniet vet duinepret

Hierdie week vir Wiele2Wiele gaan speel Jeanette en haar vriendin, Monica de Jager, in die duine met ’n Toyota Hilux Legend vir die Atlantis 4x4-pretdag. Jeanette vertel ook meer oor die 'VW Women in Automotion'-geleentheid en die impak wat dié dames maak. Hulle gee raad oor parkeer in trurat en…
2 Nov 2023 26 min

Wiele2Wiele: Klein Suzuki-paneelwa beproef

In hierdie week se Wiele2Wiele-program word daar geredekawel oor die Mercedes-AMG C43 wat nou ’n 2.0 l viersilinder turbo-aangejaagde enjin het. Brendon Staniforth van Maroela Media deel sy indrukke van die Mercedes-AMG GLC 63 S E-Performance wat hy in Spanje ervaar het - dié is ook nie meer ’n V8…
26 Oct 2023 24 min

Wiele2Wiele ry GR Supra en Suzuki Fronx

Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Toyota GR Supra, die nuwe Suzuki Fronx en vertel jou alles oor ’n besonderes geleentheid saam met GWM/Haval. Hulle gee raad oor wat jy moet doen as daar water in jou diesel kom en vertel jou van al die motorfietse wat hulle binnekort…
12 Oct 2023 25 min

Wiele2Wiele beleef luukse Lexus en Grand i10

Hierdie week gaan Wiele2Wiele op ’n ‘Lexus Art of Luxury Experience”, gaan ry met die VW Polo TSI 70 kW 5-spoed handrat en staan verbaas oor Hyundai se Grand i10-luikrug. Hulle gee raad oor wat jy moet nagaan as jou wiele nie wil aanskakel nie en Electric Zoom Bikes kan…
5 Oct 2023 24 min

Wiele2Wiele ry in styl met nuwe Lexus RX-modelle

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele in styl met Lexus se luukse nuwe RX-modelle. Hulle kan nie uitgepraat raak oor die Audi Driving Experience-dag by die Kyalami-renbaan nie en die span gaan ry ook met die Honda HR-V. Hulle gaan kuier by get\Worth vir spesiale eerste motor-stories en die SA Bakkie…
21 Sep 2023 26 min

Wiele2Wiele ry met Range Rover Autobiography

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die Range Rover Autobiography en gaan saam met die familie op ʼn avontuur met Kia se Carnival. Hulle gee raad oor die noodgereedskap wat jy altyd saam met jou op reis moet vat en gesels oor ’n bromponie waarvoor jy maar kan padgee -…
15 Sep 2023 24 min

Wiele2Wiele ry met Suzuki XL6

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Suzuki se splinternuwe XL6, hulle beleef die grootste motorskou op die Afrika-kontinent - die 'Festival of Motoring' - en spandeer tyd met die Ford Everest Wildtrak.
7 Sep 2023 24 min

Wiele2Wiele ry met Countryman en nuwe CX-5

Wiele2Wiele het met die MINI JCW Countryman en Mazda se pragtige CX-5 gaan ry en kan nie uitgepraat raak oor BMW se R 1250 GS Trophy Edition-motorfiets nie. Hulle gesels ook met Leonora Tima, hoof uitvoerende beampte by Kwanele Suid-Afrika, oor die fantastiese werk wat hulle doen rakende geslagsgebaseerde geweld…
31 Aug 2023 24 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Fronx en Raptor-bakkie

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Suzuki wat sy spliternuwe Fronx bekendgestel het en die span ervaar hoekom die wêreld gons oor Ford se Ranger Raptor. Hulle gee raad oor brandstofbesparing en vertel jou meer oor die BMW R GS 1250 Trophy Edition-motorfiets.
23 Aug 2023 26 min
12 – 32