Solidariteit maak gereed vir ʼn enorme regstryd oor die nuwe Wet op Diensbillikheid. Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa ná talle aanmanings voortgegaan het om dié wet te bekragtig. Solidariteit voer aan dat dié hersiene wetgewing drakoniese magte aan die minister van arbeid gee om rasseskuiwe volgens die regering se…
Die Care Buddies het met Bingelela hande geneem om Vrydagaand met ‘n spesiale inry-vertoning van “Grease” fondse in te samel om bejaardes in die dorp mee te bederf. Felicity Lange en Petro Bekker gesels met Andri.
Chante en Raymond Waters stuur ‘n nuwe inisiatief van stapel: Die Underdog gewigoptel vind eersdaags plaas. Hier is alles wat jy moet weet voor die kompetisie op 13 Mei.
Die Sudwala Screaming Monster vind op 29 April plaas. Ada Ströh, die voorsitter van die Legogote-hardloopklub wat dit aanbied, het saam met Eddie Hall, die ondervoorsitter, met Gerhardt gesels.
TRAC verwag verkeersvolumes op die N4 om beduidend te verhoog tussen Gauteng, Mpumalanga en Maputo hierdie Paasfees. Verwagte piektye is Donderdag vanaf 11-uur, sowel as Vrydag en Maandag heeldag. TRAC se bewusmakingsveldtog oor padveiligheid asook hul vinnige reaksie is van Donderdag tot Dinsdag in plek. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê reisigers…
Ashley Erasmus het by die SA-kampioenskappe koning gekraai en is op pad na die Afrika-kampioenskappe. Juané (Lulu) le Roux, 'n gr. 10-leerling van Hoërskool Nelspruit, het self drie rekords opgestel by die nasionale atletiekkampioenskappe vir liggaamlik gestremde atlete in die Kaap. Hulle het in die ateljee hul toekomsplanne kom deel.
Inskrywings vir die TRACN4 Elands-marathon sluit Maandag. Vanjaar bied hulle ook ‘n voorwedloop ekspo aan, ‘n eerste vir ‘n padwedloop in die provinsie. Die Elands-marathon word beskou as die skilderagtigste en vinnigste kwalifiserende wedloop vir die Comrades en vind op 22 April plaas. Die voorwedloop ekspo is op 21 April…
Cindy Zeelie het die Lioness Lounge begin: 'n Eiendom wat ma's wat vêr buite die stad woon kan gebruik wanneer hul kinders by die skool of buitemuurse aktiwiteite is. Sy gesels met Andri.
Die Wegbreekfees maak op 29 April sy buiging op die Mbombela vermaakkalender. Organiseerder, Cobus Leuvenink en sy dogter, opkomende sangeres Zimri (haar debuutalbum is pas vrygestel) vertel meer.
Een van die grootste uitdagings wat die vrywilligers wat na Kaapsehoop se wildeperde omsien ervaar is ander mense se emosionele betrokkenheid. Mariska Redelinghuys van Kaapsehoop Horse Trails wat die afgelope weke twee wesies met die hand grootmaak, vertel hulle emisioneel mense raak wanneer iets sleg met die perde gebeur. Sy…
Die hoofafrigter van die Airlink Pumas, Jimmy Stonehouse, sê hy is tevrede met sy span se veggees, na hul oorwinning van 28-13 teenoor die Griekwas Vrydagaand in Mbombela. Die Pumas bly dus onoorwonne in vanjaar se Curriebekerkompetisie na drie rondes. Hulle kon drie drieë druk teenoor een deur die Griekwas…
Die Airlink Pumas speel vanaand tuis teen die Griekwas in die Curriebeker, hul eerste kragmeting in die kompetisie sedert die pienktruie die Griekwas in verlede jaar se eindstryd geklop het. Corné Steenkamp en Riaan Lameley gesels met Sonop Ontbyt.
Na ‘n afwesigheid van ses jaar is die Nkomazi 400 terug op die Suid-Afrikaanse Rally-Raid Kampioenskap kalender. Dit vind Vrydag en Saterdag in Malelane plaas. Daar was vanmiddag 'n spesiale oefenlopie waar lede van die publiek die geleentheid gehad het om saam met plaaslike tydrenryers op die oefenbaan te ry…
Verkragting kan met jou gebeur en jy moet weet wat om dat te doen. Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP het dit self oorgekom ‘n paar jaar gelede. Sy sê baie oorlewendes vrees die proses om dita an te meld, maar jy hóéf nie dadelik ‘n polisiesaak te maak…
Na ‘n afwesigheid van ses jaar is die Nkomazi 400 terug op die Suid-Afrikaanse Rally-Raid Kampioenskap kalender Vrydag en Saterdag in Malelane. Marina Coetzee en Liané Horn vertel ons meer.
Die veelsydige musikant Lizanne Barnard is op soek na oorspronklike gedigte. Dié gedigte sal getoonset word of in kunswerke in verskillende genres omskep word wat tydens vanjaar se Innibos Kunstefees uitgestal sal word. Gedigte (in Afrikaans of Engels) moet by die tema van die fees aansluit. Vanjaar is dit "vars".
Die jaarlikse Danie Rossouw Rugbyweek vind vanaf Saterdag tot Woensdag in Witrivier plaas. Nico Bekker, die rugbyorganiseerder van Hoërskool Rob Ferreira vertel meer.
Dit is nie ‘n maklike werk nie, maar maatskaplike werkers is lief vir mense en wil verandering bring in ‘n gebroke wêreld. So sê Marla Louw, ‘n maatskaplike werker by Solidariteit Helpende Hand voor internasionale Maatskaplike Werkersdag môre op 21 Maart gevier word.
20 Mar 2023
12 min
800 – 820
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.