100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,268 Episodes
780 – 800

Tekort aan slangteengif in SA: Wat dit beteken

Daar is 'n ernstige tekort aan slangteengif in die land. Chris Hobkirk van Lowveld Venom Suppliers verduidelik vir Charles wat proses is om die teengif te vervaardig en wat die tekort vir jou beteken.
9 May 2023 15 min

Voëls van anderse vere die naweek by i'langa te sien

Die Oostelike streek van die Suid-Afrikaanse Sierduif-vereniging hou Saterdag by i'langa Mall weer hul jaarlikse skou. Die verskeidenheid voëls beloof om die publiek stom te slaan. Jan Labuschagne gesels met Charles.
9 May 2023 15 min

Babette oorkom borskanker om weer te begin sing

Die sangeres Babette was in 2020 maar 32 jaar oud, en met geen geskiedenis van borskanker in haar familie nie, toe drievoudige negatiewe borskanker by haar gediagnoseer is. Sy deel haar inspirerende storie met ons.
8 May 2023 10 min

BoxofTrix wemel van plaaslike talent

Mason Schwulst speel die titelrol in Boxoftrix - The Musical. Dit is vanaf Woensdag by die Barnyard Theatre in Casterbridge op die planke met skitterende plaaslike talent. Schwulst het saam met Felicia Lemmer by Amanda in die ateljee kom kuier.
8 May 2023 10 min

NHS hou revue

Dit is revue-week by Hoërskool Nelspruit. Konsertgangers kan uitsien na tydlose treffers op die maat van energieke dansers en sangers. Wat beteken Aeternum? Kom vind uit by NHS se 27ste revue. Ester de Kock en Berno Venter het in die ateljee kom gesels oor vanjaar se produksie.
8 May 2023 10 min

Kirkwood: 'Ons skuld onsself 'n goeie wen'

Die Airlink Pumas speel môre om 13:00 by Nelspruit Rugbyklub teen die Griffons. Kaptein, Shane Kirkwood, sê die span skuld hulself 'n goeie vertoning. Hy en hulpafrigter, Riaan Lamely, het in die ateljee kom kuier.
5 May 2023 7 min

Wesna skop nuwe avontuur af

Die sangeres Wesna het onlangs 'n splinternuwe avontuur begin wat sy aanroer in haar jongste enkelsnit, Avontuur. Sy gesels met Sonop Ontbyt.
4 May 2023 6 min

Hoekom jy professionele loodgieters moet gebruik

Loodgieters verrig een van die belangrikste take: Hulle verseker die belangrikste hulpbron van alles (water) word veilig vervoer. Die Plumbing Industry Registration Board (PIRB) is tans op toer in Mpumalanga om mense bewus te maak van die belangrikheid daarvan om professionele loodgieters aan te stel. Rendani Tshivhula gesels met die…
4 May 2023 11 min

Plaaslike talent skryf in vir die Kontrak 3

Twee plaaslike kunstenaars, Sais du Plooy en Tiffany Steyn, het vanjaar ingeskryf vir Die Kontrak 3. Hulle sal môre weet of hulle gekies is om deel te wees van die seisoen - maar sal niks mag verklap voor die uitsendings op televisie begin nie. Hulle gesels met Sonop Ontbyt oor…
4 May 2023 9 min

Hou op met dieet en geniet eerder die proses

Megan Andersen sê sy was, soos verskeie ander mense, ook vasgevang in die siklus van hoe 'n mens moet lyk om in te pas of geliefd te wees. Met Nutritiously Naked probeer sy ander help om ook daardie kringloop te breek. Sy gesels met die Verkas-span oor haar nuwe benadering…
3 May 2023 6 min

Witrivier finalis vir Dorp van die Jaar in Mpumalanga

Witrivier, Lydenburg/Mashishing en Delmas is benoem as die finaliste vir Mpumalanga in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie. Pierre du Preez, ondervoorsitter van die Power of 8000 en die Witrivier-belastingbetalersvereninging, gesels met Sonop-ontbyt oor die noue gemeenskap van dié dorp. “Ek dink gaan vir ons meer gewig dra terwyl ons…
25 Apr 2023 9 min

Luister weer: Wêreld Malaria-dag

Dit is Wêreld Malaria-dag en Jaco Venter van Mopani-apteek kuier in die ateljee saam met Sonop-ontbyt oor wat inwoners en besoekers aan die Laeveld moet weet. “Laat behandeling is baiekeer fataal,” sê hy.
25 Apr 2023 9 min

Weet wat is jou eiendom werd

Maak seker jou eiendom is korrek gewaardeer, waarsku Sakkie van Rooyen, 'n eiendomsagent by Pam Golding. Inwoners van Mbombela-munisipaliteit het tot 31 Mei om kapsie aan te teken as hulle voel hul huise, sakepersele of plase is oorwaardeer op die munisipale waardasierol. Dit sal vanaf 1 Julie vir die volgende…
25 Apr 2023 11 min

Curriebeker: Pumas gasheer vir WP vanaand

Die Airlink Pumas speel vanaand gasheer vir die WP in die Curriebeker-reeks. Afrigters Jimmy Stonehouse en MJ Mentz gesels met Sonop-ontbyt oor die oud Suidoos Transvaal spelers reunie wat daarmee saamgaan en die voorreg om die manne saam met hulle te kan hê.
21 Apr 2023 10 min

Barberton het teen 2026 dalk weer sy eie munisipaliteit

Die Munisipale Afbakeningsraad nooi die publiek om hul opinies te lug oor veranderings wat aan munisipale grense in Mpumalanga voorgestel is. Die voorstel is dat die voormalige Umjindi-area uit Mbombela-munisipaliteit verwyder word en ‘n nuwe plaaslike owerheid geskep word. Daar word ook beplan om Thaba Chweu, Bosbokrand en Emakhazeni (Belfast/Machado/Dullstroom)…
20 Apr 2023 14 min

Nelspruit-belastingbetalersvereniging vergader weer Dinsdag

Wat gebeur met ons belasting? Die voorsitter van die nuut gestigde Nelspruit-belastingbetalersvereniging, TJ Maré, sê inwoners van die stad het 'n reg om te weet hoe hul belasting bestee word. "Ons kan nie meer terugstaan nie." Hy gesels met Gerhardt en Andri.
20 Apr 2023 13 min

Laerskool Barberton vier 120 jaar

Laerskool Barberton is vanjaar 120 jaar oud en die skool beplan groot gebeurtenisse om dit te vier. Roeléne Engelbrecht gesels met die Verkasspan oor hul planne.
19 Apr 2023 5 min
780 – 800