Innibos 2024: Wenresep met al die regte bestandele op een plek

Loading player...
Innibos is al 20 jaar oud en jaarliks bied dit feesgangers iets nuut. Dit vind van 27 tot 30 Junie in Mbombela plaas. Stadig maar seker word al die bestanddele bymekaar gekry vir ’n feestelike Wenresep van toneel, musiek, kuns en boeke. Sandra Jacobs sê die een ding wat vanjaar verander is dat daar nie vanjaar 'n Goue Sirkel is nie, maar jy kan kuiertafels bespreek. Sy deel wat die uitdagings daarmee is.
23 Apr 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

AfriForum veg voort teen mynaansoek by Krugerwildtuin

AfriForum vra vir die opskorting van die omgewingsgoedkeuringsproses vir 'n voorgestelde steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die burgerregte-organisasie beskuldig die Departement van Minerale en Petroleumbronne en die omgewingskonsultant Kimopax daarvan, dat hulle in die geheim belangrike dokumente hersien en geregistreerde belanghebbendes van 'n openbare vergadering uitgesluit het…
12 Jun 11 min

Vir verandering, dóén iets anders

Susan Coetzer is hoofsaaklik 'n skrywer, hoewel sy ook verskeie ander kreatiewe hoede dra. Sy gesels met Kies Koers oor hoe sy haar lewe benader om ook die mense rondom haar te kan inspireer.
11 Jun 23 min

Byeterapie: Chroniese gesondheid is moontlik

Bye word al eeue lank ingespan vir alternatiewe en holistiese genesing. Die naweek vind 'n simposium oor byeterapie in Mbombela plaas by Bardolino. Die plaaslike byeboer, Inge Austin, vertel wat dié eeue oue praktyk behels.
10 Jun 17 min

Lefpa verwag bedrywige brandseisoen

Die Laeveld se brandseisoen het amptelik begin. Tot 31 Oktober is die brandgevaar hoog. André Scheepers van Lefpa sê hulle verwag 'n bedrywige brandseisoen.
9 Jun 12 min